×
Skakel na Engels

Riboogsteak met Peppadew® Mild Piquanté Pepper Relish

Kom ons wees eerlik: Maaltye is net beter met ’n smoor aan die kant. Of dit nou burgers, pizza of net ietsie ekstra saam met jou kaasbord is, voeg ’n bietjie geur by met Peppadew® se heerlike smore
Peppadew

Ons is dol oor Peppadew® se nuwe en verbeterde reeks smore, genaamde Piquanté Pepper Relishes. Die smore is veelsydig, smaaklik en maklik om by enige maaltyd te voeg, en daar is vier geure waaruit jy kan kies. 

Die smore kom in twee variante – matig en warm. Probeer die Mild Piquanté Pepper Relish as die Hot Piquanté Pepper Relish te warm vir jou is. Dis heerlik saam met aartappelskyfies. 

Jalapeño & Ginger Relish Gebruik hierdie veelsydige smoor vir ’n smaaklike doopsous of voeg dit by ’n seekosgereg.

Hamburger Relish Die naam sê alles, maar jy hoef dit nie tot hamburgers te beperk nie. Probeer dit ook saam met jou gunsteling-toebroodjies en slaaie.

Voeg ’n bietjie geur by jou gunsteling-geregte! Kyk hier hoe jy Peppadew®-produkte in hierdie heerlike resep kan gebruik:

Riboogsteak met Peppadew® Mild Piquanté Pepper Relish

Genoeg vir 4 

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Bestanddele

  • 4 x 150 g to 200 g riboogsteak
  • Peppadew® Sweet Piquanté Pepper & Cilantro-geurmiddel, na smaak
  • ’n skeut olyfolie

Peppadew® Sweet Piquanté Pepper Relish-sous:

  • 15 ml botter
  • 60 ml sampioene, baie fyn opgekap
  • 1 wortel, baie fyn opgekap
  • 1 klein ui, baie fyn opgekap
  • 20 ml tamatiesous
  • 10 ml worcestersous
  • 60 ml Mild Peppadew® Sweet Piquanté Pepper Relish
  • 15 ml heuning
  • 30 ml rooiwyn
  • 15 ml vars pietersielie, fyngekap
  • sout en gemaalde swartpeper, na smaak

Metode

  1. Geur die steak met Peppadew® Sweet Piquanté Pepper & Cilantro-geursel en vryf dit in die vleis in saam met ’n skeut olyfolie. Hou vir 30 minute eenkant by kamertemperatuur.
  2. Berei die sous: Verhit die botter in ’n groot pan en soteer die sampioene, wortel en ui vir 5 minute.
  3. Voeg die oorblywende bestanddele by en laat prut vir 3 minute totdat die sous effens verdik het. Hou warm.
  4. Rooster die steaks soos jy daarvan hou en sit voor met die sous wat oor die steaks geskep is.

Kry jou geliefkoosde Peppadew®-smoor landwyd op Pick n Pay se rakke en by Checkers (Gauteng, KwaZulu-Natal en die Vrystaat) teen ’n aanbevole kleinhandelprys van R21,99.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief