×

Revlon se “Love is On”-veldtog

Die ikoniese kosmetiekmaatskappy Revlon het hul handelsmerk internasionaal herbekendgestel met die tema Love Is On. Hul missie is om liefde rondom die wêreld te inspireer

 

 

“Die idee vir Love Is On het ontstaan uit ons strewe om ’n universeel inspirerende emosie te vind. Liefde is verreweg die kragtigste en positiefste. Dit is vir ons baie belangrik om met die nuwe doel van ons handelsmerk positiwiteit aan te help,” sê Lorenzo Delpani, Revlon se voorsitter en uitvoerende hoof. “Deur die loop van ons reis na Love Is On, miskien danksy gelukkige toeval, het ons die woord ‘love’ in Revlon gesien. L-O-V-E is die kern van die woord Revlon. En O-N is aan die einde van Revlon. Wanneer jy ‘on’ is, is jy oop vir al die emosies van liefde van aantrekkingskrag en bewondering tot verleiding en passie.”

 

Die herbekendstelling word met behulp van televisie- en digitale advertensies gedoen met ’n nuwe opname van die klassieke Robert Palmer-liedjie Addicted to Love, en die handelsmerkambassadeurs Emma Stone, Halle Berry en Olivia Wilde verskyn daarin. Op 18 November het Revlon die Global Love Beacon in Times Square, New York bekendgestel. Dis ’n interaktiewe reklamebord wat mense van oor die hele wêreld 24/7 in staat stel om hul liefde te deel. By die reklamebord is daar ’n Love Is On-kamera wat mense se “liefdesoomblikke” afneem en op die plek uitsaai. Mense word aangemoedig om by die gesprek aan te sluit vir ’n kans om hul boodskappe en foto’s op die Global Love Beacon-reklamebord te laat verskyn deur hul liefde via sosiale media te wys. Die hutsmerk om daarmee saam te gebruik is #LOVEISON.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Revlon ColorStay Moisture Stains

Ons het dié lipvlekkers deur Revlon op die proef gestel en is dol daaroor

Close