×
Skakel na Engels

Revlon ColorStay Moisture Stains

Ons het dié lipvlekkers deur Revlon op die proef gestel en is dol daaroor

 

 

Toetser 1: “Dit het uitstekende pigmentasie, my lippe het nie droog gevoel nie en die kleur het nie geveer nie.”

 

Toetser 2: “Ek was mal oor die tekstuur. Dis nie heeltemal ’n lipstiffie nie en ook nie ’n lipglans nie en dis nie taai nie; dus kry dit my stempel van goedkeuring.”

 

Toetser 3: “Ek het gehou van die sponspunt, wat aanwending maklik maak, en van die romerige tekstuur.”

 

Toetser 4: “Ek kan nie glo hoe lank die kleur gehou en hoe gevoed my lippe gevoel het nie. Dis danksy die vitamien E en aalwyn in die lipvlekker.”

 

Die Revlon ColorStay Moisture Stains is in 12 skakerings beskikbaar. Die vier wat ons getoets het, is (van links na regs):

India Intrigue

Barcelona Nights

Stockholm Chic

London Posh

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nuut op ons skoonheidsredakteur se lessenaar

Bring ’n bietjie blieng in die feesseisoen met die beperkte-oplaag- Smashbox On The Rocks Holiday 2014 Collection

Close