×
Skakel na Engels

Reuben Riffel se topwenke vir ’n stresvrye Kersete

Spaar geld én tyd met beproefde wenke van een van Suid-Afrika se bekendste sjefs

Reuben se wenke om …

 

Geld te spaar

‘Hou altyd blikkies boontjies, tuna, sardyne en botteltjies tamatie-passata (gekookte tamatiekonsentraat) in jou spens. Sorg ook dat daar piekels soos uie, agurkies, kappertjiesaad en botteltjies artisjokke, asook ’n sterk gegeurde kaas in jou yskas is. Met dié basiese bestanddele kan jy elke keer verskillende geregte optower.’

 

Moeite te spaar

‘Hou ’n voorraad aftreksels van goeie gehalte aan. Ek’t nie ’n vrieskas vol tuisgemaakte aftreksel nie – dis onsinnig. Koop kos wat geur verleen en ’n gereg verder kan voer.’

 

Voor te berei vir Kersfees

‘Beplan op papier. Dis die enigste manier om georganiseerd te wees. Goed wat die langste neem om te maak, soos souse, word die meeste afgeskeep wanneer dit vir die laaste minuut gelos word. Maak die nagereg ’n paar dae vantevore. Maak alles wat jy kan, vooraf gaar.’

 

Blaai na bladsy 172 van ons Desember 2012-uitgawe vir Reuben se Kersfeesresepte en moenie vergeet om jou plek by ons Kuier-om-die-Kerstafel-werksessie met Reuben te bespreek nie!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Pak weg ná die vakansie

Bêre en beskerm jou Kersversierings

Close