×
Skakel na Engels

Restaurantweek

Het jy ’n lys restaurante wat jy graag wil probeer? Dan is Restaurantweek beslis vir jou! Deur Leah van Deventer

Ja, jy het reg geraai – Restaurantweek is ’n week lange geleentheid waartydens Suid-Afrikaanse restaurante spesiale spyskaarte teen vasgestelde pryse gaan voorberei. Dit gee aanhangers die geleentheid om uit te eet by plekke wat normaalweg ’n bietjie duur kan wees.

Etes sal R95 vir ’n tweegang-middagetespyskaart en R175 vir ’n driegang-aandetespyskaart kos, met uitgesoekte restaurante wat R50 ekstra sal vra.

Sowat 75 restaurante het reeds geregistreer, waaronder:

Johannesburg: Central One, Balata, Piccolo Mondo, Hashi en Sel et Poivre

Pretoria: The Black Bamboo, Al Fiume, Nuvo Cuisine, De Kloof en Prosopa

Kaapstad: Planet by die Mount Nelson-hotel, Café Dijon, Buitenverwachting (as die beste restaurant in 2014 bekroon), Kitima en Borage

Die wynlande: The Tasting Room, Glen Carlou, The Restaurant by Newton Johnson (wenner van die beste gereg in 2014), Bosman’s en Durbanville Hills

Restaurantweek vind van 22 Oktober tot 1 November 2015 plaas. Aanlyn besprekings begin op 1 Oktober, stiptelik om 10:00, via www.restaurantweek.co.za.

Teken op die nuusbrief in via die webwerf om ’n BBP te word en toegang tot voorafbespreking te kry.

Waarvoor wag jy? Begin nou al beplan!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 algemene foute met sonskermmiddels

Verlaag jou risiko vir velkanker deur nie hierdie foute te begaan nie

Close