×

Resep vir vrugtekoek met donker rum

Kersfees sal nie Kersfees sonder ’n vrugtekoek wees nie!
vrugtekoek

As jy nog nie ’n vrugtekoek vir Kersfees gebak het nie, moenie uitstel nie! Hier is ’n heerlike resep wat jy kan probeer

 

Vrugtekoek met donker rum

 

Bestanddele

 

Vulsel

100 ml botter

125 ml sterk swart koffie

250 ml suiker

2 x 500 g Moir’s-glansvrugtekoekmengsel

5 ml Moir’s-koeksoda

5 ml rum

2 groot eiers, geklits

5 ml Moir’s-vanieljegeursel

125 ml dadels

200 g Moir’s- rooi glanskersies en 200 g Moir’s- groen glanskersies, in halwes en kwarte gesny

10 ml Moir’s-bakpoeier

500 ml Sasko-koekmeel

5 ml gemengde speserye

2,5 ml sout

5 ml fyn gemmer

 

Sous

150 ml rum

50 ml botter

 

Vir versiering

Moir’s-glanskersies of Moir’s-maraschinokersies

 

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 24 cm-koekpan met aluminiumfoelie (blink kant na die binnekant van die pan) uit en spuit met Spray and Cook.
  2. Smelt die botter saam met die koffie en suiker en giet dit oor die vrugtekoekmengsel.
  3. Voeg die koeksoda by en roer. Mikrogolf vir 2 minute op hoog en laat heeltemal afkoel.
  4. Voeg die rum, geklitste eier en vanieljegeursel by en meng deeglik met ’n houtlepel.
  5. Voeg die gekapte dadels en kersies by.
  6. 6. Voeg die gesifte droë bestanddele (bakpoeier, koekmeel, gemengde speserye en sout) bietjie vir bietjie by om elke stukkie van die vrugte te bedek.
  7. Voeg die res van die droë bestanddele by en meng goed. Vul die koekpan.
  8. Bedek die koek met ’n laag aluminiumfoelie, blink kant bo, wat ook met Spray and Cook gespuit is.
  9. Bak vir sowat 2½ uur. Verwyder die boonste laag foelie en bak vir nog 15 minute. Laat die koek vir 20 minute afkoel.
  10. Verhit die sousbestanddele (moet dit nie laat kook nie) en giet dit oor die koek nadat die koek vir 20 minute afgekoel het. Laat heeltemal afkoel.
  11. Versier met Moir’s-glanskersies of Moir’s-maraschinokersies.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
NetFlorist se oplossing vir feestydinkopies

Met net ’n kliek van die muis kan jou geskenk nog op dieselfde dag afgelewer word!

Close