×

Resep vir sitrusblokkies

Dit is waarvan nageregdrome gemaak word!
sitrusblokkies

Stel ’n suikertand in die feestyd tevrede met hierdie heerlike happies

Sitrusblokkies

Maak 20 blokkies

Bestanddele

1 x 397 g-blik kondensmelk
250 g botter
250 ml suiker
15 ml Moir’s-suurlemoengeursel
5 ml Moir’s-vanieljegeursel
2 x 200 g-pakkies brosbroodkoekies, fyngemaak
2 x 100 g-pakkies Moir’s- gedroogde klapper
1 x 100 g-boksie Moir’s- gemengde sitrusskil

Vir die bolaag

625 ml versiersuiker, gesif
15 to 30 ml suurlemoensap

Vir versiering

gerasperde suurlemoen-, lemoen- en lemmetjieskil gemeng met gekapte laventelblomme en strooisuiker

Metode

1. Smelt die kondensmelk, botter en suiker saam oor matige hitte en voeg dan die geursels by.
2. Voeg die koekies, klapper en gemengde skil by en meng.
3. Spuit ’n 25 x 30 cm-bak of bakplaat met kleefwerende kossproei en druk die mengsel daarin. Laat afkoel.
4. Voeg die suurlemoenslap bietjies-bietjies by die versiersuiker en smeer bo-op.
5. Sodra dit geset het, sny in blokkies en sprinkel die gerasperde-sitrusskil-en-laventelmengsel bo-oor.

Variasie

Voeg 50 g gekapte Safari-amandels en 50 g gekapte Safari-appekose by in plaas van 100 g van Moir‘s se gemengde sitrusskil.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Appelkooskonfytpoeding met soutkaramelsous

Jou gaste sal ’n tweede happie van hierdie heerlike nagereg wil hê!

Close