×
Skakel na Engels

Resep vir pret

Die Table Bay Hotel by die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad vier sy 15de verjaardag dié maand en Goeie Huishouding is genooi om saam te kom fees vier.

Die Table Bay Hotel by die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad vier sy 15de verjaardag dié maand en Goeie Huishouding is genooi om saam te kom fees vier.

 

Ons redakteur, Sally Emery, ons hoof-teksredakteur, Paula McAravey, en ons besturende redakteur, Masechaba Mkefa,het ʼn aan kookkompetisie by die hotel deelgeneem. Sally en Paula is saam met Cape Talk se Africa Melane ingedeel, terwyl Masechaba Giggling Gourmet Jenny Morris se spanmaat (of liewer assistent) was. Die opdrag? Skep twee van die geregte wat op die hotel se oorspronklike spyskaart in 1997 verskyn het … in ʼn uur!

 

Nadat ons in spanne verdeel is en ons sjefhoede en voorskote gekry het, moes ons aan die werk spring. Almal was vuur en vlam totdat ons besef het dat die “resepte” (vir wilde-sampioen-cappuccino-sop, en eendbors en –been bedien met eendvleissous en kapokaartappels) net foto’s van die eindprodukte is, saam met ʼn lys bestanddele – geen mates, geen metode. Ná ʼn uur se harde werk, hope pret en ʼn bietjie gesonde kompetisie, het Dallas Orr (die hoofsjef by die Table Bay Hotel) ons disse beoordeel.

 

Ons is trots om te sê dat Sally en Paula se span die prys gewen het vir die beste sampioen-cappuccino. Ná al die harde werk is die deelnemers die aand beloon met ʼn fantastiese sewegang-maaltyd wat Sjef Dallas vir hulle voorberei het.

 

Klik hier om die foto’s van die geleentheid te sien.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Eet meer, weeg minder

Klop daardie kosdrange deur kossoorte te kies wat jou vol laat voel, nie jou figuur voller laat vertoon nie

Close