×

Resep vir minivrugtekoeke

Bederf jou vriende en familie in die feestyd met soet gebak. Moir’s het die heerlikste resepte vir jou om hierdie Kersfees te probeer
minivrugtekoeke

Minivrugtekoeke

Maak 12

 

Bestanddele

250 g Safari-koekmengsel

50 g Moir’s- gemengde sitrusskil

50 g Moir’s- rooi glanskersies, gehalveer

50 g Safari-amandelvlokkies

100 g botter

125 ml brandewyn

125 ml bruinsuiker

5 ml Moir’s-koeksoda

2 ml gemengde speserye

1 ekstragroot eier

60 ml sjerrie

60 ml melk

200 ml koekmeel

2,5 ml Moir’s-bakpoeier

 

Vir versiering

glansvrugte

 

Metode

  1. Plaas die koekmengsel, gemengde sitrusskil, kersies, amandels, botter, brandewyn, suiker, koeksoda en gemengde speserye in ’n kastrol.
  2. Bring dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat kook vir 5 minute terwyl jy voortdurend roer.
  3. Laat afkoel.
  4. Klits die eier, sjerrie en melk saam en voeg dit by die vrugtemengsel.
  5. Sif die meel en bakpoeier by. Meng goed.
  6. Skep die beslag in muffinpapiertjies in ’n muffinpan en bak in ’n voorverhitte oond by 160 °C vir 30 minute. Laat afkoel.
  7. Versier met dungesnyde glansvrugte.

 

WENK: Gebruik lemoensap pleks van brandewyn en sjerrie en voeg 5 ml Moir’s-brandewyngeursel by. Om ’n enkele vrugtekoek te maak, verdubbel die bestanddele en bak in ’n uitgevoerde diep koekpan vir 1½ tot 2 uur.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Resep vir vrugtekoek met donker rum

Kersfees sal nie Kersfees sonder ’n vrugtekoek wees nie!

Close