×
Skakel na Engels

Resep: ’n Vinnige en verruklike seekosgereg vir jou gesin

Die vangs van die dag? Hierdie maklike en liplek-lekker resep!

Sea Harvest het dit hul missie gemaak om besige ma’s oor die land heen te help wat op soek is na waarde vir geld en gehalte, sonder om voedingswaarde te moet inboet. Dit is dus g’n wonder dat soveel gesinne Sea Harvest-produkte by hul weeklikse etes insluit nie. Sea Harvest bied nie net ’n groot reeks gerieflike en veelsydige visprodukte nie, maar hul webwerf en YouTube-kanaal spog ook met ’n indrukwekkende versameling maklike resepte.

Kliek hier vir toegang tot al hierdie smullekker resepte en vir idees oor hoe jy Sea Harvest-produkte by jou weeklikse eetplan kan insluit.

As jy, soos baie van ons, altyd te min tyd het en op soek is na ’n lekker, voedsame en eenvoudige resep vir aandete, dan is hierdie patatgereg net die ding! Die gerookte Kaapse stokvisporsies wat in dié resep gebruik word, is ’n gesinsgunsteling en “skelvis”, soos dit tradisioneel in Suid-Afrika bekendstaan, is ’n uitstekende vis vir enige geleentheid. Dit kan in melk geposjeer word vir ontbyt of in omelette, pasteie, geurige kitserye en meer gebruik word. Hier is die resep vir gevulde patats:

Gevulde patats met skelvis (genoeg vir 4)

Bestanddele

4 middelslagpatats
500 g Sea Harvest-skelvisfilette
1 e botter
3 e grasuie, fyngekap
150 g cheddar, gerasper (plus ekstra vir garnering)
4 e Peppadews, fyngekap
3 e pietersielie, grofgekap 
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Prik die patats voordat jy dit in die oond plaas om stadig te bak totdat dit heeltemal sag en die skil papierdun is; daar moet fyn druppeltjies suiker aan die buitekant wees.

2. Berei die visfilette voor deur dit op ’n bakplaat te rangskik en volgens die aanwysings op die verpakking te bak.

3. Sny die patats in die lengte oop, skep die vlees uit en hou dit in ’n mengbak eenkant. Vlok die gaar vis en voeg dit saam met die botter, grasuie, cheddar en Peppadews by die patat. Voeg die pietersielie en geurmiddels by en meng versigtig om nie die vis te fyn te maak nie.

4. Vul die patatskille met die visvulsel en plaas dit weer in die oond om vir 10 tot 15 minute te bak of totdat die kaas gesmelt en die bokante lekker bruin is.

5. Haal dit uit die oond en sprinkel nog cheddar oor voordat jy dit opdien.

Vir nog inligting oor Sea Harvest-produkte of nog heerlike visresepte, besoek www.seaharvest.co.za of hul YouTube-kanaal www.youtube.com/SeaHarvestSA.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maklike aandetes uit die see vir die week

Proe die see in hierdie seekosresepte

Close