×
Skakel na Engels

Renée Zellweger praat uiteindelik oor die bespiegelings oor plastiese chirurgie

En sy is nie op haar bek geval nie! Deur Vicky Chandler
renee zellweger

Renée Zellweger het die wenkbroue laat lig toe sy in 2014 by die tydskrif Elle se toekenningsgeleentheid vir vroue in Hollywood verskyn het. Baie mense het begin bespiegel dat die aktrise plastiese chirurgie ondergaan het en ná twee jaar het sy genoeg gehad.

In ’n artikel van die Huffington Post getiteld “We can do better” vat Zellweger die sensasiepers aan oor hul obsessie met haar gesig.

“Dis nie ’n geheim dat ’n vrou se waarde histories aan haar voorkoms gemeet is nie,” skryf sy. Sy sê daar is ’n groot “dubbele standaard” wat gebruik word om vroue se bydraes gering te skat ondanks hul belangrikheid in “die bepaling van die sukses van die samelewing”.

“Te maer, te vet, wys ouderdom, beter as ’n brunet, sellulietdye, gesigsontrimpelingskandaal, raak bles, vet maag? Lelike skoene, lelike voete, lelike glimlag, lelike hande, lelike rok, lelike lag,” gaan sy voort. “Die gevolglike boodskap is problematies vir jonger generasies en ontvanklike sienswyses en het ongetwyfeld tallose verdere kwessies oor konformiteit, vooroordeel, gelykheid, selfaanvaarding, boeliery en gesondheid tot gevolg.”

En sy ontken weer dat sy plastiese chirurgie rondom haar oë gehad het. Sy skryf: “Nie dat dit enige iets met enige iemand te doen het nie, maar ek het nie besluit om my gesig te laat verander en chirurgie aan my oë te hê nie. Dié feit is vir niemand van enige waarde nie.”

Sy sluit haar artikel af deur te sê “ons kan beter doen” en moedig ons almal aan om meer oor die belangrike dinge in die lewe te praat pleks van ander se voorkoms te oordeel.

’n Warm applous vir Renée!

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jennifer Aniston se geheime vir fantastiese hare, vel en naels

En haar gunsteling naellakskakerings

Close