×

REËNBOOGJELLIEKOEK

As jy al ooit gewonder het hoe ’n reënboog smaak, is hierdie reënboogjelliekoek die perfekte antwoord! Geniet die vars en vrugtige geure saam met jou vriende en familie.

Bestanddele:

  • 7 pakkies MOIR’S-jellie in verskillende kleure, aangemaak volgens die aanwysings op die verpakking, maar met ½ k minder koue water as wat aangedui word
  • 2 x125 g-pakkies MOIR’S-kitsvlapoeier, aangemaak volgens die aanwysings op die verpakking
  • seisoenale vrugte, in skyfies gesny

Metode:

  • Plaas van die vrugteskyfies op die bodem van ’n 3-liter-vorm.
  • Bedek met MOIR’S-jellie in ’n kleur wat by die vrugte pas en laat dit stol.
  • Herhaal stap 1 en 2 met die orige vrugte en MOIR’S-jellie, en laat dit ná elke laag stol.
  • Laat die jellie oornag stol sodat die reënbooglae goed set.
  • Om die jellie uit die vorm te haal, plaas dit kortliks in kookwater om die jellie te laat loskom.
  • Bedruip die jelliekoek met MOIR’S-vla en sit voor.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
JELLIEGLASIES

’n Klassieke nagereg met ’n speelse kinkel. Hierdie jellieglasies sal jonk en oud se aandag trek.

Close