×
Skakel na Engels

Red ’n lewe met KPR

Leer om KPR te doen met hierdie 8 stappe en jy kan ’n lewe red

 

Eerste dinge eerste

As ’n pasiënt bewusteloos is, kantel sy/haar kop agteroor. Gebruik twee vingers om die ken te lig en die lugweë oop te maak. Ondersoek die borskas en luister en voel vir asemhaling.

As die persoon nié asemhaal nie, bel ’n ambulans.
LEES: 5 skokkende dinge wat ek in ’n noodhulpkursus geleer het

 

Begin dan dadelik met KPR

  1. Plaas een hand in die middel van sy/haar bors. Plaas die kussing van jou ander hand se palm bo-op dié hand, sluit jou vingers inmekaar en hou dit van die ribbekas af.
  2. Leun oor die bors en druk vertikaal sowat 5 cm tot 6 cm af.
  3. Verlig die druk, maar hou jou hande daar.
  4. Gee 30 drukke teen ’n tempo van 100 tot 120 per minuut – dis een druk elke halfsekonde.
  5. Kantel sy/haar kop agteroor en lig die ken. Knyp sy/haar neus toe om die neusgate toe te maak.
  6. Asem diep in, seël jou lippe oor sy/haar mond en asem uit totdat die borskas opstoot.
  7. Met sy/haar kop steeds agteroor en die ken gelig, lig jou mond op en laat sy/haar borskas weer sak. Herhaal die asemoordrag.
  8. Dien 30 borsdrukke toe, gevolg deur twee asemskenkings.

Hou aan totdat hulp opdaag, die pasiënt normaal asemhaal of jy te uitgeput is om voort te gaan.

 

LEES: Wat nooddokters in hul huise sal verbied

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Angelina Jolie praat oor hoe dit was om in Namibië geboorte te gee

En oor hoe sy en manlief Brad Pitt hul ses kinders grootmaak

Close