×
Skakel na Engels

Raak sonder medisyne van ’n toe neus ontslae

Verligting is dalk net ’n knypie ver. Deur Kayla Keegan en Jenny Cook
toe neus

Dit maak nie saak hóé higiënies jy is nie, jy sal waarskynlik minstens een keer in die koue seisoen verkoue kry. As jy in die volgende paar weke met ’n toe neus sukkel, probeer hierdie slim truuk (van Prevention) wat beloof om jou sinusse sonder die hulp van hoesdruppels of bevogtigers binne sekondes op te klaar.

Probeer dit

Druk eers die punt van jou tong teen jou verhemelte. Ontspan dan jou tong en druk jou wys- en middelvingers tussen jou wenkbroue op jou voorkop. Herhaal dié stappe vir sowat 20 sekondes en siedaar!

As jy steeds verstop voel, kan jy dalk die tweede opsie probeer. Kantel jou kop agtertoe, knyp jou neus vas en hou jou asem op vir so lank jy kan. Wanneer jy uitasem en jou kop vorentoe kantel, behoort jou neus oop te wees.

Hier is die volledige demonstrasie wat verduidelik hoe en waarom dié twee metodes so goed werk: 

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Hoe om gesond te bly (wanneer almal anders siek is)

Moet-hê-medisynes vir jou winter-tuisapteek

10 ongewone allergieë wat jy kan hê sonder dat jy dit besef

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief