×
Skakel na Engels

Raak ontslae van vlooie in jou huis

As jy al ooit ’n huis vol vlooie aangetref het nadat jy van ’n vakansie af tuisgekom het, lees verder

 

 

Vlooilarwes broei gewoonlik op jou hond uit (en jy raak met ’n geskikte produk daarvan ontslae), maar sonder ’n gasheer kan hulle jou huis oorneem.

 

Die oplossing?

 

Voordat jy weggaan, stofsuig en vee ordentlik, maak die stofsuier se sak leeg, was jou hond se komberse en bêre dit buite die huis, indien moontlik.

 

Jy kan ’n outomatiese kannetjie vlooigif in die huis sit wanneer jy vertrek, of, vir ’n minder giftige opsie, sprinkel kakiebospoeier (by die meeste veeartse beskikbaar) oral op jou matte. Dit word al lank as ’n natuurlike bosluis-en-vlooi-afweermiddel vir honde en katte gebruik.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak smerige blindings skoon

Maak jou Venesiese, materiaal- of vinielblindings in ’n japtrap met dié handige wenke skoon

Close