×
Skakel na Engels

Raak ontslae van kopluise

Lees hier hoe om die simptome raak te sien en te keer dat jou kind weer besmet word

Kopluise is elke ouer se grootste nagmerrie, want dit versprei maklik en is moeilik om van ontslae te raak. In Suid-Afrika begin die luisseisoen in September en kan tot in die middel van die winter aanhou. Simptome van kopluise sluit ’n gejeuk rondom die ore en in die holte van die nek in. Om te verseker dat jy heeltemal van die luise ontslae raak en herbesmetting te keer, maak seker jy kies ’n goeie produk en volg hierdie raad:

  1. Gebruik ’n fyntandkam en ’n vergrootglas en kam deur die hare op ’n sneesdoekie. Dis doeltreffender om ’n vergrootglas te gebruik as om met die blote oog te kyk.
  1. Om herbesmetting te keer, behandel al die lede van die huishouding tegelyk en herhaal ná sewe dae. Was artikels wat in nabye kontak met die kop kom, soos beddegoed en handdoeke, en maak dit op ’n hoë hitte in ’n tuimeldroër droog.
  1. Ontsmet haarborsels, kamme en haarrekkies minstens een keer per week en gaan jaskrae, baadjiekappies, hoede en serpe na vir luise en nete.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 pastageregte wat jy móét probeer

Of jy nou vir jou gesin kos maak of vriende onthaal, dié beproefde, getoetste pastageregte sal almal beïndruk. Bon appétit!

Close