×
Skakel na Engels

Raak gewoond aan oggendoefening

Vergeet die sluimerknoppie vir altyd en leer jouself om van oggendoefening te hou!
oefening

 

Jy het die nuwe jaar met die beste bedoelings begin, maar nou maak jy allerhande soorte verskonings om nie ná werk te oefen nie (“Dis so warm!”; “Ek moet skoolinkopies vir die kinders doen!”; “Drankies ná werk!”). Laat oefening soggens jou kreun? Moenie bekommerd wees nie – benut jou dag ten volle deur ’n oggend-oefenroetine in werking te stel.

  1. Pak en berei voor

    Kry jou oefenklere die vorige aand gereed. As jy dadelik werk toe moet gaan, pak ook ’n sak met alles wat jy nodig het om te stort en jou grimering te doen sodat jy jou roetine kan vereenvoudig. Is ontbyt die enigste ding wat jou inspireer om gim toe te gaan? Maak ’n smoothie of berei jou hawermout die vorige aand en hou dit in die yskas. 

  2. Beplan jou oefenroetine

    Om gim toe te gaan sonder ’n oefenplan is genoeg om enige iemand se motivering in die wiele te ry, veral vroeg soggens wanneer jou brein nog ’n bietjie beneweld is. Dit is hoekom dit belangrik is om ’n vasgestelde roetine in gedagte te hê. Of jy nou beplan om maagoefeninge te doen, op die trapmeul te draf of ’n jogaklas te bespreek, wees seker wat jou doel is. 

  3. Nooi ’n vriendin saam

    Om die sluimerknoppie te druk sal moeiliker wees as jy jou tot iets verbind het. Maak ’n afspraak met ’n vriendin vir jou volgende spin- of jogaklas. Daar sal dalk selfs genoeg tyd vir koffie en gesels ná die tyd wees.

  4. Wees veilig

    Hoewel ons gelukkig is om nog nog vroeg soggens sonlig te hê, kan koue, donker oggende later in die jaar ’n uitdaging vir jou oefenroetine wees. Hou jou oggendoefening aangenaam en veilig deur bewus van jou omgewing te wees en parkeer jou motor op ’n goed verligte plek naby die gim, park of oefenklas.

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 tuisgemaakte haarbehandelings vir elke haartipe

Maak ’n natuurlike behandeling wat spesifiek vir jou haartipe geskik is

Close