×
Skakel na Engels

Raad van GH-lesers vir kinders

Ons het GH-lesers gevra om hul beste raad vir kinders te deel

Wees gelukkig, hê pret, wees goed vir jou lyf en hart. Jou lewe is nie verby as jy nie goed in jou eksamens vaar of nie weet wat jy wil doen nie. Dis nooit te laat om weer te begin nie.

Nicole Johnston

Weet wat om te los. Om ’n wrok te koester is ’n vermorsing van energie wanneer jy pret kon gehad het saam met mense wat die moeite werd is.

Anna Flynn

Jy is in beheer van jou eie lewe. Moenie dat iemand anders vir jou voorsê wat om daarmee te doen nie.

Samantha Green

Om jou eie geld te verdien sal jou trots maak, maar moenie elke sent uitgee nie. Jy sal dit waardeer wanneer jy ouer is!

Roberta Dowling

Moenie begin rook nie, selfs al doen jou vriende dit en jy dink dit lyk cool. Daar sal ’n tyd kom dat jy desperaat is om op te hou.

Catherine Wheeler

Die lewe is langer as wat jy dink. Geniet jou eerste liefde, maar moet jou nie bekommer as dit nie uitwerk nie – die volgende keer sal jy wyser wees.

Janine Tennyson

Moenie bang wees om foute te begaan nie – jy leer meer uit jou mislukkings as uit jou suksesse. Dis hoe jy dit hanteer wat saak maak.

Edith Thomas

Vul jou lewe met die dinge wat jy geniet, en moenie op ander mense staatmaak om jou gelukkig te maak nie – dit moet van jouself af kom.

Henrietta Franklin

Wees gaaf met jou ouers! Hulle sal nie altyd daar wees nie …

Margaret Brown

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping in Brittanje verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verfrissende kiwi-drankie

By ons onlangse Bekende Bobaas-bakkers-geleentheid het Zespri SunGold Kiwivrugte gaste met heerlike kiwidrankies verwelkom. Dit was so lekker dat ons...

Close