×
Skakel na Engels

Probeer grimeerstyle en -produkte voordat jy koop!

L’Oréal se slim nuwe app wys jou presies hoe jy sal lyk nadat jy grimering aangewend het, en dis maklik om te gebruik

 

 

Jy hoef nooit weer te wonder of jy goed sal lyk met ’n mat oranje lipstiffie, en of ’n grys oogskadu of ’n katoogvoorkoms jou sal pas nie, want die Makeup Genius-app van L’Oréal los daardie probleem vir jou op!

 

Doen dit só: Laai eenvoudig die app af en doen ’n gesigskandering, wat jou gesigkenmerke lees. Kies die produkte of voorkoms wat jy wil probeer en kyk virtueel hoe dit op jou lyk. Dit volg ook jou beweging en hoeke sodat jy kan sien hoe jy vanuit enige perspektief sal lyk.

’n Ekstra bonus is dat jy ook produkte kan skandeer wat jy in die winkels sien en dit dan en daar kan probeer!

 

Die app is versoenbaar met iPhones én Android-selfone, en jy kan maklik die mooi voorkomste wat jy gekies het op alle sosiale netwerke deel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Waardige verskoning om nuwe maskara te koop!

Ondersteun ’n liefdadige saak wanneer jy Bobbi Brown se Pretty Powerful Smokey Eye Mascara koop

Close