Prins Harry en sy meisie, die aktrise Meghan Markle, het eindelik hul eerste openbare verskyning as ’n paartjie gemaak. Die Invictus-spele is ’n internasionale paralimpiese multisportgeleentheid wat deur prins Harry geskep is en waarin veterane aan sporte soos rolstoel-basketbal, sittende vlugbal en binnenshuise roei deelneem.
- Die paartjie het die Invictus-spele in Toronto bygewoon, waar hulle tydens ’n tenniswedstryd hande vasgehou het.
- Die tweetjies het dit voorheen vermy om saam in die openbaar te verskyn en selfs tydens die opening van die spele apart gesit.
- Meghan het ’n wit kraaghemp en geskeurde jeans na die tenniswedstryd gedra.
- Die paartjie het in die voorste ry gesit waar Harry die reëls van die spel aan Meghan verduidelik het.
- Die aktrise het ook met van die kinders gepraat wat die geleentheid bygewoon het.
Meghan, wat veral bekend is vir haar rol in die reeks Suits, het onlangs met Vanity Fair oor haar verhouding met prins Harry gepraat. “Dis eintlik baie eenvoudig. Ons is ’n paartjie. Ons is verlief. Ek’s seker daar sal ’n tyd kom wanneer ons onsself as ’n paartjie sal moet bekendstel en stories sal hê om te vertel, maar ek hoop mense sal verstaan dat dit nou eers óns tyd is.”
Van: Good Housekeeping UK
FOTO’S: Gallo Images/Getty Images
LEES OOK:
Prins William en prins Harry onthul hoe prinses Diana regtig as ’n ma was
Dís wat die hertog en hertogin van Cambridge dalk hul derde baba gaan noem