×
Skakel na Engels

Prins Harry en Meghan Markle het dié bloemis vir hul troue gekies!

En ons kan nie wag om te sien hoe die blomme gaan lyk nie! Deur Victoria Chandler
bloemis

Prins Harry en Meghan Markle het via die Kensington-paleis bekend gemaak dat die Londense bloemis Phlippa Craddock die blommerangskikkings vir hulle troue gaan behartig. Kensington-paleis het die opwindende nuus op sosiale media gedeel en gesê: “Prins Harry en me. Meghan Markle het die bloemis @philippacraddock gekies om die blommerangskikkings vir die seremonie te doen.”

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

“Die rangskikkings in die St. George-kapel sal loof uit The Crown-landgoed en Windsor Great Park bevat, sowel as beukehout-, berkehout- en haagbeuktakke. Wit tuinrose, pinksterrose en vingerhoedjies sal ook by die ruikers ingesluit word. Die rangskikkings sal die wilde en natuurlike landskappe verteenwoordig waaruit baie van die plante geneem sal word.”

En dis nie al nie. Buiten bogenoemde loof sal die Royal Parks ook stuifmeelvriendelike plante vir hulle veldblom-velde verskaf. Dié plante is die ideale habitat vir bye wat help om ’n gesonde ekosisteem in stand te hou.

Philippa Craddock is ’n selfopgeleide bloemis wat haar onderneming in 2009 met ’n ateljee in Fulham begin het, en sy het ook ’n winkel in Selfridge se Foodhall. Verder is die bloemis reeds bekend met die koninklike familie en is ’n “voorkeurverskaffer” van die V&A-museum, Kensington-paleis, Banqueting House en Hampton Court-paleis.

Van haar ander bekende kliënte sluit Alexander McQueen, Christian Dior, Hermes, Jo Malone en Fortnum & Mason in. “Ek voel opgewonde en geëerd dat prins Harry en me. Meghan Markle my gekies het om die blomme vir hulle troue te doen. Dit was net ’n plesier om saam met hulle te werk,” het Philippa via ’n stelling op die webwerf royal.uk gesê. 

“Die proses was ’n spanpoging, baie organies, kreatief en pret. Die finale rangskikkings sal hulle as paartjie verteenwoordig, iets wat ek altyd in my werk probeer regkry, met plaaslike verskaffing, seisoenaliteit en volhoubaarheid op die voorgrond.”

Kensington-paleis het ook bekend gemaak dat die paartjie gereël het dat die rangskikkings na afloop van die seremonie aan liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Claire Ptak van Violet Cakes is aangewys as die persoon wat die paartjie se troukoek gaan bak. Sy het op ’n suurlemoen-en-vlierblomkoek besluit om die “helder lentegeure te inkorporeer”. Met net ’n maand en ’n half voor die groot dag, kan ons nie wag om nog inligting oor die spesiale geleentheid te ontvang nie!

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

’n Liggaamstaalkenner verklap 7 interessante dinge van Meghan en Harry se verhouding

Só lyk prins Harry en Meghan Markle se “kothuis”

10 streng reëls van die koninklike familie wat Meghan Markle sal moet volg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die datum en venue vir prins Harry en Meghan Markle se troue is pas aangekondig

Dit gaan nie naastenby so spoggerig soos Will en Kate s'n wees nie. Deur Caroline Picard

Close