×
Skakel na Engels

Pret met fondantversiersel

Julie van Julie’s Cake Studio deel haar vyf wenke oor hoe om met fondantversiersel te werk

 

 

 

  1. Rol die fondantversiersel op ’n groot stuk plastiek uit (die soort waarmee jy skoolboeke oortrek). Dis makliker om ’n groot stuk te hanteer en dan sal dit nie vassit nie.
  2. Bestuif jou werkoppervlak met ’n mengsel van versiersuiker en mielieblom.
  3. Draai altyd die fondantversiersel (nie die rolstok nie) om seker te maak dat jy dit eweredig uitrol.
  4. Voorkom kreukels in die fondantversiersel deur dit van bo af op die koek en na onder met die kant van die palm van jou hand glad te stryk. Lig die onderkant van die fondantversiersel op wanneer ook al jy ’n vou sien vorm.
  5. Om fondantversiersel te modelleer voeg 1 t CMC- of Tylose-poeier by 250 g fondant en los dit toegedraai vir ’n paar uur voor gebruik.

 

Julie’s Cake Studio bied ’n wye reeks kursusse en werksessies aan om tuis- en professionele bakkers en bakentoesiaste te help om daardie perfekte koek te maak. Dit bied ook ’n seleksie van spesialistoerusting en -voorraad te koop aan, asook koekversieringsdienste op bestelling.

 

Vir meer inligting bel Julie’s Cake Studio by 021 686 2372, besoek www.juliescakestudio.co.za of e-poshello@juliescakestudio.co.za.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 Mikrogolf-koekresepte in bekers

Gee jou suikertand sy sin met kitslekkernye wat reg sal wees voordat die ketel kook

Close