×
Skakel na Engels

Praat só om konflik te vermy

Goeie raad om jou te help om doeltreffend te kommunikeer
konflik

Kommunikasie is die grondslag van enige verhouding en om te leer om doeltreffend te kommunikeer, laat daardie verhoudings floreer. Theo van Leeuwen, voormalige professor aan die Sentrum vir Taal- en Kommunikasienavorsing aan die Cardiff-universiteit in Wallis, het ’n paar maklike wenke om jou te help om doeltreffend te kommunikeer of konflik te voorkom.

Vertroue

Wanneer wat jy sê, vertrou kan word, is die waarskynlikheid groter dat jy verstaan sal word omdat die mense met wie jy praat, kan glo wat jy sê.

Stel jou in op nie verbale tekens

Kenners skat dat tot 90% van kommunikasie nieverbaal gebeur. Volgens Van Leeuwen sal dit makliker wees om iemand se nieverbale kommunikasie te verstaan as jy die persoon ken.

Duidelikheid

Doeltreffende kommunikasie is eenvoudig. Kom tot die punt. Dit toon respek vir die ander persoon se tyd en verminder dubbelsinnigheid. Hoe ingewikkelder die boodskap is, hoe eenvoudiger behoort dit gekommunikeer te word.

Luister

Die doeltreffendste kommunikeerders luister meer as wat hulle praat.

Konflik

Dit kan teenintuïtief klink, maar gesonde konflik is ’n baie doeltreffende kommunikasiemiddel. “Dit laat toe dat alle sienswyses gehoor en verstaan word, en kommunikasie beteken dat alle menings en idees op ’n gesonde manier gelug word om ’n goeie oplossing te kry,” sê Van Leeuwen.

Betekenis

Betekenisvolle gesprekvoering lei tot baie beter resultate as ’n betekenislose geklets. Praat net wanneer jy iets het om te sê.

Empatie

Ego en arrogansie vernietig kommunikasie. Praat met begrip, empatie en, die belangrikste, geduld as jy doeltreffend wil kommunikeer.

Respek

Om respek vir ander te hê maak kommunikasie meer moontlik. Om te luister en ander se sienswyses in ag te neem en te respekteer is die kenteken van ’n goeie kommunikeerder, sê Van Leeuwen.

Kennis

Leë blikke maak die meeste geraas, en om te praat sonder om te weet, maak geraas. Om in ’n gesprek in te gaan met kennis om jou sienswyse te staaf, maak die kommunikasie doeltreffend en maklik.

Lees ook:

4 dinge wat konflik jou kan leer

10 verhoudingsmites ontmasker

10 baie algemene argumente in verhoudings wat niemand kan wen nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief