×
Skakel na Engels

Plant jou eie eetbare blomme

Vrolik slaaie, warm geregte, nageregte en drankies op met eetbare blomme in juweelkleure

 

 

1. Ligging, ligging Kies ’n sonnige hoekie op ’n stoep, ’n vensterbank of buite jou kombuisdeur waar jy jou blomme kan plant. Volson of sonlig tot in die namiddag is noodsaaklik – minder as ses uur sonskyn sal meer groen loof en minder kleurryke knoppe tot gevolg hê.

 

2. Raad met potte Eetbare plante is geskik vir potte. Terracotta-potte of -houers vir ’n vensterbank is ideaal. Talle eetbare plante versprei gou. Gee dit dus genoeg groeiruimte. Volg ook dié goeie raad van die plaaslike tuinghoeroe Jane Griffiths voordat jy ’n houer met organiese potplantgrond van ’n goeie gehalte vul: Vir ekstra dreinering, voer die pot uit met ou kombuissponsies in plaas van klippies. Sy beveel ook ’n jel aan wat water terughou. Daar is verskeie soorte by tuinsentrums te kry.

 

3. Dié blomme is lekker ook Selfs al is jy ’n beginner, is dit maklik om die meeste eetbare plante te laat groei. Begin met somerviooltjies, gesiggies, kappertjies en gousblomme. Dis die moeite werd om werklike soet viooltjies (Viola odorata), wat van die usambara-viooltjies verskil, te soek vir hul delikate blomme en geur.

 

4. Natlei en oes Jy sal in die somer jou dorstige eetbare blomme daagliks moet water gee. Wanneer dit oestyd is, pluk aan die onderkant van die blom met ’n bietjie van die blomstingel wat behoue bly, dan sal jy dit maklik in die kombuis kan hanteer. Pluk jou blomme op die dag wat jy dit nodig het, verkieslik vroeg in die oggend, en plaas dit in ’n glas koue water of in ’n lugdigte houer in die yskas.

 

5. Sorg Gee jou plante ’n weeklikse aanvulling van vloeibare kunsmis en werk organiese kompos twee keer per maand in die bogrond deur. Peste en plae kan ook jou blommetjie teister. Doen dus navraag by jou plaaslike kwekery oor ’n ekovriendelike plan van aksie.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
DOEN DIT SELF: Gee ’n blompot ’n lentevoorkoms

Omskep ’n so-so blompot in iets pragtigs met dié selfdoenprojek (kyk op bladsy 113 van ons September-uitgawe):

Close