×

My Plakboek: POPPY NTSHONGWANA

Die radio-omroeper en platejoggie Poppy Ntshongwana praat oor haar ouers, aan wie sy “alles verskuldig is”, DJ Fresh en om die lewe op ’n drafstap (in stylvolle skoene) aan te pak.
Poppy Ntshongwana

MY APPLE AIR IS LIG EN KOMPAK, maar ’n tegnologiese wonder. Ek stoor my foto’s en musiek daarop – ek verkies ’n kombinasie van hip-hop en musiek uit die 80’s, soos van Lenny Kravitz en Michael Jackson.

resize1

EK NEEM GRAAG FOTO’S VAN BELANGRIKE OOMBLIKKE en veral kulturele foto’s van my familie in die Oos-Kaap. Ek onthou nog die foto wat ek geneem het toe my oupa in die gietende reën begrawe is. Ek hou daarvan om betekenisvolle kultuurgebeure te verewig, veral omdat kultuur stelselmatig vervaag.

resize5

EK IS MY OUERS, MAWETHU EN SINDY, my lewe en alles daarin verskuldig. Hulle het my geleenthede soos private onderrig gebied en nooit gekla terwyl ek elke buitemuurse aktiwiteit moontlik beproef het nie. Die een oomblik moes ek ’n leotard hê, dan weer ’n raket … Hulle het my aanvaar vir wie ek is – die enigste ekstrovert in die gesin – en my aangemoedig om voluit te leef.

resize8

N EKS-KÊREL HET DIÉ Michael Korshorlosie vir my gekoop. Ek het gedink ek sal dit op ons troudag dra. Ons is darem nog vriende.

resize3

DIÉ PRADA-SONBRIL IS MY GUNSTELING, maar ek het verskeie ander. ’n Sonbril gee jou persoonlikheid. Ek het altyd mense geoordeel wat ’n sonbril binne dra, maar ná die afsterwe van my niggie ’n paar jaar gelede het ek verstaan. Soms wil jy nie hê ander moet jou pyn sien nie.

resize4

DIÉ OORFONE VERTEENWOORDIG MY LEWE OP DIE LUG. Ek het politieke wetenskap aan Tuks gestudeer, maar ek was nog altyd versot op die radiowese. Ek het die nuus vir ’n studenteradiostasie gelees voordat ek by 5FM werk gekry het. In 2007 het DJ Fresh my gevra om my by sy program aan te sluit. By hom het ek nederigheid geleer en om nooit op te hou werk nie. Ek het laas jaar my eie program, House of Poppy, gekry. My luisteraars is soos vriende.

resize6

EK BEPAAL MY EIE KOERS in die wedloop van die lewe, maar ek doen dit in mooi skoene. Ek’s behep met skoene en onthou nog waar en wanneer ek elke paar gekoop het. Dié paar som my perfek op: Die soliede kleur verteenwoordig my standvastige waardes en beginsels, maar daar’s ook ’n tikkie lawwigheid …

resize2

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My Plakboek: Kass Naidoo

Kass Naidoo, ’n sportomroeper, die stigter van die gsportpryse, die eerste vroulike Suid-Afrikaanse krieketkommentator en ’n toegewyde vrou en ma,...

Close