×

MY PLAKBOEK: Paige Nick

Die outeur, kopie- en rubriekskrywer Paige Nick vertel ons van ’n paar van haar kosbaarste besittings. 

 

EK HET DIÉ BEELD IN SHROPSHIRE IN BRITTANJE GEKOOP. Ek’s dol oor hoe anders dit is. Die granaathalssnoer is van my ma, Hilary. Sy het jare lank ou juweliersware versamel, maar ná ’n inbraak wou sy nie meer goed in haar huis hou nie. Om juwele van jou ma af te kry is vir enige vrou ’n oorgangsrite.

resize_4

EK IS BEHEP MET VETPLANTEdalk omdat dit baie min sorg verg en ek my nie juis tot iets kan verbind nie. Ek verkies om ongetroud te wees en nie kinders te hê nie – ek het nie eens troeteldiere nie, want ek sal onder te veel druk voel om vir hulle ’n goeie lewe te bied. Ek hou eerder dié koperdiertjies op my lessenaar aan wat my suster Stephanie vir my koop.

resize_3

DIT WAS JARE LANK MY NUWEJAARSVOORNEME OM ’N BOEK TE SKRYF. My eerste boek, A Million Miles from Normal, het in 2010 verskyn en my nuutste een, Dutch Courage, word in Mei in Suid- Afrika uitgereik. Dit sal my agtste boek wees. Ek voel asof ek my stem gevind het, wat baie opwindend is. Ek het dié klippies opgetel terwyl ek my laaste boek in Ierland geskryf het.

resize_7

EK MÓÉT DRAF. My aandag word maklik deur die internet of foon afgetrek en die beste manier om my gedagtes te orden of ’n storielyn uit te pluis is om uit te kom. Iets aan draf maak my gefokus.

resize_1

TEE EN BESKUIT TERWYL EK SKRYF IS PURE BEDERF. My suster Briony besit die Newport Market & Deli in Mouillepunt, Kaapstad, en ek het haar gesmeek om ’n Banting-reeks te maak. Nou bak sy hierdie beskuit. Ek’s ’n bietjie van ’n opgaarder en snu el graag in rommelwinkels rond, waar dié teepot een keer my oog getref het.

resize_2

EK KAN NIE SONDER MY SKOOTREKENAAR EN NOTABOEK klaarkom nie. Ek het my laaste twee boeke op dié rekenaar geskryf en ek gaan byna nêrens daarsonder nie. Ek het ’n baie swak geheue. As ek dus vieruur in die oggend ’n idee kry, skryf ek dit dadelik in my boekie, anders is dit vergete.

resize_5

MY PA, DENNIS, HET DIÉ wipprentboek vir my gegee toe ek so sewe was. Ek was die jongste van ses kinders en ’n laatlammetjie. Ek onthou hoe ek ure lank met dié boek op die vloer gelê en stories opmaak het. Ek dink dit was die eerste keer dat ek bewustelik stories geskep het.

resize_6

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 aandete-idees vir die week

Hier is lekker aandetes vir elke dag van die week!

Close