×

My Plakboek: Kriya Gangiah

kriya gangiah

DIT WAS MY MA SE GESKENK AAN MY OP MY 21STE VERJAARDAG. Dit het 21 diamante op. “Jy is nie meer ’n kind nie,” het sy gesê. “Dis tyd om jou grootmeisiebroek aan te trek.” My ma is ’n regte ma. Sy neul (“Jy het nie genoeg geëet nie”) en sê goed soos: “Ek hoop nie jy gaan met jou hare só uit nie.”

resize4

MY OUMA RASA HET DIÉ DIAMANTRING VIR MY GEGEE TOE EK 16 geword het, net soos my ma, Ruby, op 16 ’n ring van háár ouma gekry het. Ons het nie familie-erfstukke nie, maar hierdie is ons klein tradisie. Wanneer sy kom kuier, bring my ouma omtrent 10 pakkies vir die vrieskas – my broer, Kavir, kry skaapkerrie en ek kry koeksisters.

resize5

EK WOU NOG ALTYD ’N MINI GEHAD HET – MY DROOMMOTOR WAS DIE MINI COOPER wat Charlize Theron in The Italian Job bestuur het – en nou is ek die ambassadeur vir Mini in Northcli , Johannesburg. Ek het ’n indrukwekkende klankstelsel – ek’s dol oor Michael Bublé – en ek wil soos ’n renjaer bestuur, maar omdat my naam op die motor is, kan ek nie. Ek glimlag en waai dus maar vir mense wat my herken.

resize3

MY KÊREL, ZASH, HET DIÉ ONDERWATERKAMERA VIR MY MET MY 24STE VERJAARDAG GEGEE. Ons verjaar naby aan mekaar en het daardie jaar ’n wegbreek na Zanzibar bespreek – ons eerste vakansie as ’n paartjie. Maar ek is ’n bedrywige mens op vakansie – ek wou alles sien en doen, van vlugbal speel tot skilpaaie gaan kyk en snorkel. Zash wou met ’n drankie en ’n boek langs die swembad ontspan. Ons moes mekaar eenvoudig tegemoetkom.

resize7

EK VERSAMEL VINGERHOEDJIES VAN PLEKKE WAARHEEN EK REIS – Griekeland, Tanzanië, Portugal, Praag. Dié een van Mauritius is my gunsteling; ek hou van die dodo wat so uitstaan.

resize2

EK WAS NOOIT ’N APPLE-AANHANGER NIE, MAAR EK’S VERSOT OP DIÉ REKENAAR. My lewe is daarop: my werk, video’s, foto’s. My ma sê ek is ’n digitale slaaf.

resize6

DIÉ FOTOCOLLAGE HANG IN MY KOMBUIS. Zara, my bedorwe dwergkeeshond, is daarop, my beste vriende, my ouers en natuurlik Zash. Ek dink soms g’n ander man sal my kan verdra soos hy my verdra nie. Hy balanseer my. Hy verstaan my passie. Hy vul my aan …

resize1

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vrolik jou tuin op

Gee kitskleur buitenshuis met ’n paar vrolike potte

Close