×

My Plakboek: June Van Merch

MY PA HET DIÉ VALHELM OP ’N VEILING IN OUDTSHOORN GEKOOP TOE EK 17 WAS. Ek het dit gebruik toe ek my lisensie op ’n Duitse 1928-DKW-motorfi ets gekry het. Toe ons dit gekoop het, is dit as spoggerig beskou omdat dit ’n Porscheontwerp is. Ek gebruik dit wanneer ek op my bromponie ry, selfs saam met die manne – ek is g’n skaam nie!

resize7

DIÉ BOEK, WITHIN AND BEYOND DEUR SWAMI NARAYANI, het my oog getref terwyl ek by die boekstalletjie buite die Bellville-biblioteek rondgesnu el het. Ek glo dat dít wat jy nodig het na jou toe sal kom. Die boek het ’n geestelike boodskap vir elke dag van die jaar.

resize2

EK HET THE MYSTICAL, MAGICAL, MARVELOUS WORLD OF DREAMS deur Wilda B. Tanner gekoop terwyl ek in Johannesburg gewoon het. Dit was ’n moeilike tyd vir my. Ek was sonder ’n ondersteuningstelsel. Ek het op ’n geestelike wegbreek gegaan en gedroom dat ek in ’n winkel staan met ’n ou saam met wie ek aan Going Up gewerk het. Ek het vir hom gesê ek is nie gereed om te sterf nie en dat ek nog dinge het om te doen. ’n Paar weke later het hy vir my ’n geskenkbewys vir ’n boekwinkel as verjaardaggeskenk gegee. Ek het dit gebruik om dié boek te koop. Ek lees dit dikwels.

resize6

MY MA EN PA HET DIÉ FONTEIN VIR MY HUIS GEKOOP. Elf jaar gelede wou ek ’n huis koop en ek het ’n huis in Kaapstad se noordelike voorstede besigtig. Dit was die eerste huis waarna ek gaan kyk het – en ek het nog nooit so vinnig iets gekoop nie! Hierdie fontein was in die huis en ek het vir my ma gesê ek hou daarvan. Toe my ouers my help intrek het, het hulle dit vir my as geskenk gegee. Ek het my eie klippe bygevoeg en ek sit af en toe nuwes by. Ek vind dit kalmerend en terapeuties.

resize1

DIÉ KRIEKETBAL IS MY MASSEERTERAPEUT. Ek het ’n verhoogstuk gedoen en gesien hoe die akteur Oscar Petersen teen ’n muur staan en beweeg. Hy het my geroep, die bal vir my gegee en my gewys hoe om my rug daarmee te masseer. Jy sit dit tussen jouself en die muur en beweeg rond. Dit werk soos ’n bom!

resize5

MY MA HET VIR MY DIÉ MINIGASSILINDER GEGEE. My ouers het baie deur die land gereis en het daarop ko e gemaak. Ek gebruik dit gedurende beurtkrag!

resize3

EK HET DIÉ SKOENE BY DIE KOÖPERASIE IN UPINGTON GEKOOP toe ek daar opgetree het. Ek was deel van die eerste groep studente-akteurs wat skole gebruik het om voorgeskrewe boeke vir matrieks op te voer. Ons het die land plat gereis. Dié skoene is al amper 30 jaar oud en ek dra dit steeds. Dit is ’n simbool van daai jare.

resize4

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My Plakboek: Jocelyn Broderick

MY OUERS, JOYCE EN TERRY, HET DIÉ KRUIS VIR MY GEGEE. Ons is Katoliek en die kruis simboliseer geloof en ’n stewige grondslag....

Close