×

My Plakboek: Jocelyn Broderick

MY OUERS, JOYCE EN TERRY, HET DIÉ KRUIS VIR MY GEGEE. Ons is Katoliek en die kruis simboliseer geloof en ’n stewige grondslag. Ek dra dit wanneer ek iets nodig het om my beskermd te laat voel.

resize4

EK IS DOL OOR DIÉ MAT. Ek het nog altyd van ’n kombinasie van ouderwetse en moderne teksture gehou. Dit weerspieël die balans wat vroue tussen soveel dinge moet handhaaf: huis, werk, vriendskappe en familie … En ek het baie familie – altesaam sowat 22 lede. Soveel van ons wat kan, probeer weekliks by my ma se huis ontmoet.

resize1

DIÉ SKOENE IS DIE GETROUD MET RUGBYKARAKTER NINA BEKKER S’N. Nina is nes ek, maar konserwatiewer. Sy luister na haar man, maar ek sal vir my  maat, Adrian, sê: “Jy soek wat?!” Maar sy begin nou “grootword”. Dis daardie wonderlike gevoel van bevryding wat jy ervaar namate jy ouer word.

resize7

JOCK OF THE BUSHVELD met Jonathan Rands en Gordon Mulholland was my eerste groot fl iekrol in 1986, toe ek 22 was. Ek was Lillian, die “meisie wat met die ou met die hond getrou het”.

resize3

MY BESTE VRIENDIN, die komediant Gilda Blacher, het vir my dié kershouer gegee toe sy na Australië geëmigreer het. Dit is ’n simbool van ons vriendskap en ek dink altyd aan haar wanneer ek dié kers aansteek. Ons was onafskeidbaar – ons het saam gelag en gehuil. Ek mis haar vreeslik baie.

resize2

GABRIEL IS TUIS in ’n bad gebore met sagte musiek op die agtergrond. Ek was 41 en almal het gedink ek is mal. Maar ek het gevoel ek en Adrian het ’n geskenk gekry en ek wou dit koester. My eerste seun, Devon, was 10 en het my deur die kraamproses ondersteun deur saam met my asem te haal en hy het ook gehelp om die naelstring te knip. Vandag kan hy nie glo hy het dit gedoen nie!

resize5

MY SUSTER KATHY en ek is 11 maande uit mekaar gebore. Sy was 51 jaar oud toe sy weens ’n aneurisme oorlede is. Ons was vier susters en baie geheg aan mekaar. Dit het ’n groot leemte gelaat. Ons het saam gesing en ’n paar maande voor haar dood “Forever Young” by ’n troue gesing – ek het geen idee gehad dat dit ons laaste keer sou wees nie. Nou glo ek ’n mens moet elke oomblik ten 7 volle uitleef.

resize6

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Is jy ’n beheervraat?

Beantwoord ons vasvra om te kyk hoe maklik jy kan “laat gaan”

Close