×

My Plakboek: Catherine Grenfell

catherine grenfall

DIÉ VIOOL HET AAN MY OUMA RHODIE DAWN BEHOORT. Sy was op ’n skip vanaf die VSA na die Kongo – sy was ’n sendeling – en die Nazi’s het die skip gebombardeer. Sy was in ’n reddingsboot toe ’n Duitse soldaat die viool gered en vir haar gegee het. Ons was baie geheg aan mekaar. Sy het altyd na kaneelbolletjies geruik. Die viool was die een ding wat ek wou hê toe sy oorlede is.

resize7

MY DOGTER HOLLY HET DIÉ TATOE VIR MY GETEKEN. Al my tatoes vertel ’n storie: Ek het ’n tatoe van my pa se gunstelingvis, my kinders se name en my gunsteling-aanhaling van die groep Editors: “Keep a light on those you love.”

resize2

MY MA HET DIÉ AMBERRING VIR MY MET MY MATRIEKAFSKEID IN 1994 GEGEE.Ons was nog altyd baie geheg aan mekaar. Sy is my rots. Sy is ook ’n enkelma en het my geleer dat ek enige iets kan doen as my kop en hart daarin is. Die ander juweliersware was geskenke en ek dra dit wanneer ek slaap, stort en uitgaan. Ek haal dit nooit af nie. Dit herinner my aan my geliefdes en plekke waar ek was.

resize3

EK HET DIT SO GENIET OM FOO FIGHTERS in 2008 in die Wembley-stadion in Londen te sien optree. Ek is dol oor konserte – die skare, die atmosfeer. Ek huil by elkeen. Ek speel klavier; ek het musiek op skool gehad. Ek het beligting en klank gestudeer sodat ek by konserte kon werk, maar toe ek ’n pos as vervaardiger vir 5FM aangebied is, het ek die geleentheid aangegryp. Ek het ’n paar jaar lank saam met Fresh op die middagprogram gewerk en die verkeer gedoen, maar my liefde vir musiek was prominent en ek is my eie program aangebied.

resize5

EK HET MY EERSTE DOC MARTENS GEKRY TOE EK 16 WAS. Ek het lank gespaar – dit was toe al R1 000. Toe die handelsmerk verlede jaar terug Suid-Afrika toe gekom het, het hulle my gevra om ’n ambassadeur te wees. Hierdie paar is spesiaal vir my ontwerp. Ek voel weer 16 wanneer ek dit dra. En soos ’n rockster.

resize6

CHARLOTTE’S WEB DEUR EB WHITE is die eerste boek waarop ek verlief geraak het. Ek kon nie ophou huil toe die spinnekop dood is nie. Die storie het my so meegevoer. Ek het al my boeke gehou – ek verslind boeke en is dol daaroor om na ’n ander wêreld weggevoer te word – en dit later vir my kinders gegee.

resize1

MY KINDERS, Noah (15), Aaron (13) en Holly (6), tydens Kersfees by my ma, Marilyn, se huis in Ramsgate. Die foto weerspieël hul persoonlikhede perfek.

resize8

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My Plakboek: June Van Merch

MY PA HET DIÉ VALHELM OP ’N VEILING IN OUDTSHOORN GEKOOP TOE EK 17 WAS. Ek het dit gebruik toe ek...

Close