×
Skakel na Engels

Plaas hierdie Rudolf-Kerskoek op jou inkopielys

Dit voel dalk nog te vroeg om aan Kerspoedings te dink, maar ons kon nie help om hierdie pragtige Rudolf-die-rooineus-rendier-koek van The Velvet Cake Co. te deel nie!
rudolph red nose reindeer cake

 

The Velvet Cake Co. is begin in die kombuis van Treat, Hertex se koffiewinkel, en in Januarie 2012 het The Velvet Cake Co. uitgebrei na ’n aparte kombuis.

Kapenaars, julle kan hierdie feesseisoen heerlik smul aan hul pragtige, piñata-koekweergawe van Rudolf die rooineus-rendier. Die aanloklike rooifluweelkoek word met sjokoladeversiersel versier, met heerlike eetgoed gevul en met rendierhorings afgerond.

The Velvet Cake Co. se treffende koek sal dié feesseisoen die perfekte bederf of geskenk wees. Moenie te lank wag om jou eie te kry nie, want die beperkte-oplaag-koek kan net van middel-November tot 24 Desember bestel word. Die koeke se pryse is vanaf R350, na gelang van watter toevoegings jy kies.

The Velvet Cake Co. sal ook ’n verskeidenheid feesgeskenke hê, waaronder pragtige pasgemaakte koekstaanders en hout-kolwyntjiebokse. Dit is heeljaar beskikbaar en kos tussen R345 en R550.

Bel 021 914 0482 vir nog inligting en om jou bestelling te plaas, besigtig hul verskeidenheid by www.thevelvetcakeco.com of besoek hul winkels by Bella Rosa 10, Rosenpark, Bellville of Loopstraat 16 in die Kaapse middestad. Jy kan hulle ook op Facebook, Twitter en Instagram volg vir hul nuutste skeppings en nuus

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Santa Shoebox-projek

Suzelle deel ’n paar slim wenke oor hoe om jou Santa-skoenboks ekstraspesiaal te maak

Close