×
Skakel na Engels

Patat-“roosterbrood”

Of jy ’n glutenvrye leefstyl volg of eenvoudig minder koolhidrate wil eet, die nuwe patatbroodalternatief is die ideale gesonde, smaaklike, vinnige en maklike ontbytoplossing!

FEATURED IMAGE

Die internet het nog nie weer soveel oor iets gegons sedert daai rok nie. (Is dit swart en blou? Of goud en wit?) So waaroor is die bohaai? Wel, volgens fynproewers en gesondheidsfoendi’s kan jy gesnyde patat rooster om dit as ’n glutenvrye alternatief vir brood te gebruik. Sommige resepte beveel aan dat jy dit vir enige iets van 15 tot 30 minute by 180 ºC in die oond rooster – na gelang van hoe bros jy dit wil hê. Maar ander sê jy kan dit net so maklik in ’n broodrooster maak.

Dit het eenvoudig te goed geklink om waar te wees. Ons het dus besluit om dit in die GH-kantoor te toets. Ons het ons patatskyf drie keer gerooster, maar die tyd hang af van hoe kragtig jou rooster is, hoe dik jou skywe is en hoe gaar/bros jy jou “roosterbrood” wil hê. Behalwe dat dit vinnig, maklik en glutenvry is, is patat-“roosterbrood” ook uiters veelsydig – jy kan dit saam met amper enige van jou gunsteling broodbolae eet, of dit soet of sout is.

Maar genoeg gepraat – kom ons eet!

Resepidees met patat-“roosterbrood”:

Gebruik ons beproefde en getoetste toebroodjieresepte en verruil eenvoudig die brood vir geroosterde patat. Njam-njam!
Die beste broodjie vir middagete
Roosterbrood met perske en kasjoebotter
Bokkoms op roosterbrood met geposjeerde eier en spinasie
Roosterbrood met grondboontjiebotter, roomkaas en pere
Ons stel bekend: Die kekerertjie-toebroodjie
Die heeldag-ontbytburger

Metode:

  1. Spoel die patat af en druk droog.
  2. Sny dit in skywe van ongeveer 1 cm dik – te dik en dit sal te lank neem om gaar te word; te dun en dit sal deur jou rooster val.
  3. As jy ’n oond gebruik, voorverhit dit tot 180 °C. Plaas die skywe op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. As jy ’n rooster gebruik, plaas jou snye in die broodrooster.
  4. As jy ’n oond gebruik, bak vir sowat 15 minute of tot so gaar as wat jy verkies. As jy ’n rooster gebruik, sal jy waarskynlik jou patat twee of drie keer moet rooster.
  5. Plaas enige bolae bo-op wat jy verkies en sit onmiddellik voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 redes hoekom jy appelasyn nodig het

As daar ’n wondertonikum daar buite is, is die kans goed dat dit appelasyn as ’n bestanddeel sou hê!

Close