×
Skakel na Engels

Pak weg ná die vakansie

Bêre en beskerm jou Kersversierings
  • As jy nie meer die oorspronklike verpakking het nie, vra jou plaaslike drankwinkel vir leë wyndose om groot items in te stoor.
  • Gebruik ou skoen- en eierdose om glas-Kersboomversierings in te bêre. Hou al die geskenkpapier en draai die glasversierings daarin toe om dit te beskerm.
  • Draai stringe liggies om leë koffieblikke om te verhoed dat dit koek. Sny ʼn “X” in die plastiekdeksel en druk die kragprop daardeur.
  • Trek ou sykouse oor jou kerse om te verhoed dat dit beskadig word.
  • Hang ʼn krans aan ʼn klerehanger en trek ʼn swart plastieksak daaroor. Knoop die sak onder om stof uit te hou. Hang die krans in die kas tot volgende jaar.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief