×
Skakel na Engels

Pak alles reg

Drie manier om van ʼn deurmekaarspul ontslae te raak

SPRING WEG

Die beste manier om van die deurmekaarspul ontslae te raak? gooi dit in die asblik! Haal alles uit, gooi produkte wat verval het weg en sit medikasie wat reeds verval het, eenkant. (dit moet na jou apteek geneem word – hulle sal op die regte manier daar- mee wegdoen.) Vee die rakke en deurtjies skoon en gebruik ’n oorstok- kie wat in alkohol gedoop is om die hoeke deeglik skoon te maak.

 

LANGERAAD

indien al die langer items op ’n ander plek gestoor word, sal dit help om jou rakke te verstel. Skuif jou rakke en herrangskik jou skoonheidsprodukte sover moontlik sodat die items wat jy die meeste gebruik heel voor is, en dié wat jy minder gebruik op ’n smaller boonste rak staanplek kry. Sorteer soort by soort en wees streng met jouself om een produk geheel en al op te gebruik voordat jy ’n nuwe een oopmaak.

 

WEES VOORBEREID!

Groepeer al die verskillende groottes pleisters saam op een plek. (’n plastiek-seepbakkie werk perfek.) Bêre ’n bietjie watte en antiseptiese room daarmee saam, gryp net die seepbakkie wanneer daar ’n noodgeval is en jy is reg vir aksie! Jy kan verskillende nood-bakkies skep vir verskeie noodhulpgevalle – soos ’n allergieë-bakkie met insekroom en antihistamienpille, ’n verkouebakkie met sink-pille, verkoue- en-griep-bruistablette, bloekom- olie en pynpille.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hou jou geriefies glansend

Selfone, iPods, tablette en hul toebehore trek vuiligheid soos ’n magneet aan. Só kan jy dit tjoef-tjaf skoonmaak

Close