×
Skakel na Engels

Pa maak sy seuntjie se tekeninge ’n werklikheid

Hierdie pa gebruik Photoshop om sy sesjarige seun se tekeninge in werklikheid te omskep, en die resultate is sowel vreemd as wonderlik
tekeninge

 

Dom is ses jaar oud en hy is dol oor teken – alles, van sy gesin tot sy fiets, maar veral diere. Hy het sy eie Instagram-rekening waar hy al sy wonderlike tekeninge deel. Maar dis nie klein Dom se vaardighede as kunstenaar wat die internet aan die gons het nie.

Terwyl sommige ouers hul kroos se tekeninge eenvoudig op die yskas plak, het Tom Curtis besluit om fotoredigering in te span om sy seuntjie se tekeninge in regtige foto’s om te tower.  Saam het hulle ’n aardige maar wonderlike alternatiewe wêreld vol mense en diere geskep wat meestal skatlik, maar soms ook ’n bietjie grieselig is.

Grieselig of nie, ons dink dit is ’n super-oulike idee. Hier is sommige van ons gunsteling-foto’s uit hul Instagram-rekening, @thingsihavedrawn:

Wat Dom geteken het:

thingsihavedrawn: Van al die diere wat ek julle al gewys het, is dit vir my die heel lekkerste om die olifant te teken.

Wat hy gesien het:

thingsihavedrawn: As jy nog nie my tekening gesien het nie, moet jy gaan kyk en dit met hierdie olifant op my pa se foto vergelyk.

Wat Dom geteken het:

thingsihavedrawn:  ’n Sebra is so ’n bietjie soos ’n swart-en-wit perd. Hier is een (met iets wat natuurlik ontbreek).

Wat hy gesien het:

thingsihavedrawn: Wit strepe op swart, of swart strepe op wit? Hier is ’n foto waarop jy kan sien watter een reg is.

Wat Dom geteken het:

thingsihavedrawn: Kersfees kry ek ’n nuwe trapfiets. Ek is nie veronderstel om te weet nie, maar hier is ’n prentjie daarvan.

Wat hy gesien het:

thingsihavedrawn: Pa het dit buitekant teen die skuur laat staan. Ek het dit in blou geteken, maar dit is eintlik rooi.

Wat Dom geteken het:

thingsihavedrawn: Ons het ’n nuwe kar – dit staan buite voor die huis. Die oue is beskadig toe Pa dit gestamp het.

Wat hy gesien het:

thingsihavedrawn: Ma is agterdogtig – ek weet hoe sy voel, want Pa lyk baie in sy noppies met sy nuwe kar.

Wat Dom geteken het:

thingsihavedrawn: Ek begin met ’n prent wat ek van my kat geteken het.  Jy sal dalk verbaas wees, maar dit is regtig hoe sy lyk.

Wat hy gesien het:

thingsihavedrawn: Kyk net na hierdie foto wat Ma van haar geneem het. Sy is net soos ’n worsie wat in pels toegedraai is.

Wat Dom geteken het:

thingsihavedrawn: Hier het ek my pa geteken. Ek het hom presies geteken soos hy lyk, so ek hoop hy’s nie hartseer nie.

Wat hy gesien het:

thingsihavedrawn: Partykeer probeer Pa om ’n baard te groei. Dis eintlik net wolletjies, so dit lyk ’n bietjie snaaks.

Volg Don en sy pa op Instagram vir nog van sy slim tekeninge.

 LEES OOK:

Die maklikste manier om kinders te leer hoe om hul veters vas te maak
3 maklike resepte vir tuisgemaakte verf vir kinders
Dié man se boodskap oor onvrugbaarheid het om ’n rede blitsig versprei
Hoe om te weet of jou kind regtig begaafd is

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 dinge wat jou tieners moet weet voordat hulle die Rage-fees bywoon

Ná 12 jaar op skool en met al die stres van eksamens sal jou tieners vir jou sê hulle verdién...

Close