×
Skakel na Engels

Outistiese 5-jarige “Monet”

Iris Grace is ’n talentvolle outistiese vyfjarige meisie wat haarself deur haar skilderye uitdruk

 

 

Iris Grace begin nou eers praat, maar haar pragtige skilderye kommuniukeer ’n duisend woorde.

Haar ma skryf op haar webwerf, irisgracepainting.com: “Ons het Iris aangemoedig om te verf om haar met spraakterapie, gesamentlike aandag en die neem van beurte te help. Toe besef ons sy is regtig baie talentvol en het ’n ongelooflike konsentrasiespan van sowat twee uur elke keer wat sy verf. Ek maak koppies vol baie waterige verf aan, sy kies watter een sy wil gebruik en ek maak nog wanneer sy dit nodig het en sy meng haar eie kleure van beker tot beker. Haar outisme het ’n skilderstyl geskep wat ek nog nooit in ’n kind van haar ouderdom gesien het nie. Sy het ’n begrip van kleure en hoe dit op mekaar inwerk. Sy straal van opwinding en vreugde wanneer ek die verf uithaal – dit lig haar gemoed elke keer. Sy het so ’n pragtige manier gekry om haarself uit te druk. Ons wou dit deel om bewustheid van haar toestand te skep. Outisme raak op die oomblik sowat 100 000 kinders in Brittanje en die syfer is besig om te styg.”

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om dapper te wees

Die tweemalige Suid-Afrikaanse Paralimpiese en Springbok-atleet Emily Gray het baie dinge oorkom. Toe sy 11 was, is beenkanker by haar...

Close