×
Skakel na Engels

Organiseer jou lewe

Net soos jou huis het jou lewe soms ’n goeie skoonmaaksessie nodig.

1. Wees meer positief

Hou op om negatiewe goed oor jouself te dink en sê. Probeer eerder jou goeie eienskappe raaksien. Hoe jy oor jouself voel, kan bepaal hoe gelukkig jy is. As jy altyd negatief is, gaan jy al die mooi in die lewe mis.

2. Maak jou kop skoon

Moenie jou gevoelens opkrop nie. Kry ’n vriend by wie jy oor enigiets kan afpak of skryf jou gevoelens in ’n joernaal neer. Bêre die joernaal van tyd tot tyd en skakel ’n bietjie af.

3. Maak jou huis en werksomgewing skoon

Gooi alle onnodige goed uit sodat net die noodsaaklikhede oorbly. Jy sal baie tyd spaar as jy nie na alles hoef te soek nie. As jou omgewing uitgesorteer is, sal jou lewe ook meer georganiseerd voel.

4. Ruk jou lyf reg

’n Gebalanseerde eet- en oefenplan sal jou beter oor jouself én die lewe laat voel. Jy sal ook meer energie hê om enige uitdagings aan te pak. Probeer om in álle aspekte van jou lewe gebalanseerd te wees.

5. Detoks jou sosiale lewe

Het die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring ’n positiewe invloed op jou lewe? Dink na oor die tipe mense waarmee jy jouself omring. Spandeer meer tyd saam met dié wat jou belange op die hart dra.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Doen jou deel op ’n vriendelike drafstap

Vital Health Foods, in samewerking met die Run/Walk For Life Westelike Provinsie-atletiekklub, gaan die derde jaarlikse Vital Run ten bate...

Close