×
Skakel na Engels

Op jou merke, gereed, werk!

Beskou jy jouself as ’n selfdoen-ghoeroe? Doen hierdie vasvra om jou vaardighede te toets en kry sommer ’n paar wenke

 

 

1. Wanneer moet jy ’n basislaag aanwend?

A Enige tyd wanneer jy ’n muur oorverf

B In vertrekke wat aan vog blootgestel is

C Wanneer die verfkleur met ’n paar skakerings verander of wanneer jy ’n nuwe droëmuur verf

ANTWOORD (C) ’n Basislaag as voorbereiding laat die verf beter vaskleef en jy hoef ook nie soveel verflae aan te wend nie.

 

2. Die toilet hou aan loop … en loop. Jy behoort:

A ’n Emmer water in die bak te gooi en dan die toilet te spoel om die meganisme weer te kalibreer

B Die spoelbak te verwyder en die werkverrigting na te gaan

C ’n Plonssuier te gebruik om die pype oop te maak

ANTWOORD (B) Hou op om aan die handvatsel te karring en loer eerder onder die spoeldeksel in. Die sondaar is moontlik ’n verweerde skarnierklep van rubber (wat die watertoevoer van die tenk na die toilet beheer), ’n los of te stywe ketting wat keer dat die skarnierklep heeltemal sluit, of ’n vasgeklemde skuifmeganisme of vlotterbal. Jy kan Wirquin MW2 se verlengbare, algemene dubbelspoelmeganisme vir R255 by Builders Warehouse koop. Maak seker dat jy die watertoevoer toedraai voordat jy met herstelwerk begin.

 

3. Wat is die beste manier om ’n binnedeur wat vassit reg te maak?

A Vryf die kante met paraffien in

B Draai die skarniere stywer vas

C Skuur die kante van die deur af

ANTWOORD (B) en/of (C) Dié irritasie kan toegeskryf word aan los skarniere of swelling wat deur vog veroorsaak is. Draai elke skroef met ’n skroewedraaier vas (of vervang dit deur groter, dikker skroewe as dit nie behoorlik vasdraai nie). Weier die deur steeds om toe te gaan? Dis dalk geswel. Werk die kante met growwe skuurpapier af waar dit met die raamwerk in aanraking kom.

 

4. Hoe kan jy ’n venster regmaak wat nie dig sluit nie?

A Plak ’n stuk maskeerband rondom die raam 
se hoeke om dit te seël

B Vul enige openinge rondom die vensterraam op

C Druk ’n ou handdoek in die spasie tussen die (skuif)raam

 

ANTWOORD (B) Hou jou lyf speurder: Steek ’n kers aan en beweeg dit stadig rondom die venster se buiterand. Die vlam sal naby die gate flikker. Vul enige krake waar die raam en muur bymekaarkom met polyfilla op, of vervang die stopverf.

 

5. Hoe kan jy wit waterringe van ’n afgewerkte houttafel verwyder?

A Bedek dit met ’n handdoek en verhit dit met ’n strykyster; poleer dan

B Wend ’n pasta van koeksoda en skottelgoedseep aan; laat dit vir 24 uur aanbly en vee dan af

C Vryf bloekomolie daarin; poets dit dan droog

ANTWOORD (A) ’n Wit waterring beteken water is in die afwerking vasgevang, maar die hout behoort nie beskadig te wees nie. Om van die vog ontslae te raak, bedek die ring met ’n skoon handdoek; gebruik ’n droë yster op ’n lae tot medium hittegraad en druk vir ’n paar sekondes daarmee op die handdoek (moenie aan die hout raak nie). Herhaal indien nodig, poleer soos gewoonlik

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Op jou merke, gereed, werk!

Toets jou kennis oor doen-dit-self takies. Hoe vaar jy?

 

1. Wanneer moet jy ’n basislaag aanwend?

A. Enige tyd wanneer jy ’n muur oorverf

B. In vertrekke wat aan vog blootgestel is

C. Wanneer die verfkleur met ’n paar skakerings verander of wanneer jy ’n nuwe droëmuur verf

 

2. Die toilet hou aan loop … en loop. Jy behoort:

A. ’n Emmer water in die bak te gooi, spoel dan die toilet om die meganisme weer te kalibreer

B. Die spoelbak te verwyder en die werkverrigting na te gaan

C. ’n Plonssuier te gebruik om die pype oop te maak

 

3. Wat is die beste manier om ’n binnedeur wat vassit, reg te maak?

A.  Vryf die kante met paraffien in

B. Draai die skarniere stywer vas

C. Skuur die kante van die deur af

 

4. Hoe kan jy ’n venster wat nie dig sluit nie, regmaak?

A. Plak ’n stuk maskeerband rondom die raam se hoeke om dit te seël

B. Vul enige openinge rond- om die vensterraam op

C. Druk ’n ou handdoek in die spasie tussen die (skuif)raam

 

 

A. Bedek dit met ’n handdoek en verhit dit met ’n strykyster; poleer dan

B. Wend ’n pasta van koeksoda en skottelgoedseep aan; laat dit vir 24 ure aanbly, vee dan af

C. Vryf bloekomolie daarin, poets dit dan droog

 

 

ANTWOORDE:

 

1. C –  ’n Basis- laag as voorbereiding laat die verf beter vaskleef en jy hoef ook nie soveel verflae aan te wend nie.

2. B – Hou op om aan die handvatsel te karring en loer eerder onder die spoeldeksel in. Die sondaar is moontlik ’n verweerde skarnierklep van rubber (wat die watertoevoer van die tenk na die toilet beheer), ’n los of té stywe ketting wat verhoed dat die skarnierklep heeltemal sluit, of ’n vasgeklemde skuifmeganisme of vlotterbal. Jy kan Wirquin MW2 se verlengbare, algemene dubbelspoel-meganisme vir R255 by Builders Warehouse koop. Maak seker dat jy die watertoevoer toedraai voordat jy met herstelwerk begin.

3. – B en /of C – Dié irritasie kan aan los skar- niere of swelling wat deur vog veroorsaak is, toegeskryf word. Draai elke skroef met ’n skroewedraaier vas (of vervang dit met groter, dikker skroewe as dit nie behoorlik vasdraai nie). Weier die deur steeds om toe te gaan? Dis dalk geswel. Werk die kante met growwe skuur- papier af waar dit met die raamwerk in aanraking kom.

4. B – Hou jou lyf speurder: steek ’n kers aan en beweeg dit stadig rondom die venster se buiterand. Die vlam sal naby die gate flikker. Vul enige krake waar die raam en muur bymekaarkom met polyfilla op, of vervang die stopverf.

5.  A – ’n Wit waterring beteken water is in die afwerking vasgevang, maar die hout behoort nie beskadig te wees nie. Om van die vog ontslae te raak, bedek die ring met ’n skoon handdoek; gebruik ’n droë yster op ’n lae tot medium hittegraad en druk vir ’n paar sekondes daarmee op die handdoek (moenie aan die hout raak nie). Herhaal indien nodig, poleer soos gewoonlik.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Doen dié 3 dinge voordat jy ’n vertrek oordoen

Wil jy ’n vertrek mooi maak? Hier’s maniere om dit makliker te doen

Close