×
Skakel na Engels

Oorweldig? Probeer die volgende …

Klop die lewe se stres met meditasie
Oorweldig

Ons leefstyl dra dikwels nie by tot selfondersoek en innerlike vrede nie. Ons spanningsvolle lewe kan maak dat ons ongelukkig, ongeduldig en gefrustreerd raak, en ons is dikwels so besig dat dit voel asof daar nie tyd is om stil te word en te mediteer nie.

Meditasie maak ’n einde aan die geraas in jou kop. Dit help jou om te fokus op dit wat belangrik is en om jou nie oor denkbeeldige toekomstige probleme te verknies nie. Dit is noodsaaklik dat ons van tyd tot tyd alleen met ons gedagtes is. Wanneer jy ’n blaaskans nodig het, kan jy hierdie drie stappe volg om jou innerlike vrede deur meditasie terug te kry.

Stap 1: Haal diep asem

Trek jou asem vir vyf sekondes in totdat dit voel of jou maag vol lug is. Blaas jou asem dan vir 10 sekondes uit. Fokus op jou asemhaling, want dit sluit jou af van jou omgewing en laat jou hartklop afneem sodat jy minder van die streshormoon adrenalien afskei. Hou aan om só asem te haal terwyl jy stappe 2 en 3 doen.

Wenk: Om stadig deur jou neus – nie jou mond nie – asem te haal, help om stres te verminder. 

Stap 2: Visualiseer vrede

Sluit jou oë en dink aan ’n plek wat jou gelukkig en kalm laat voel. Visualiseer soveel moontlik besonderhede – dit wat jy sien en hoor. Die positiewe assosiasies wat jy met hierdie plek het, sal help om jou bloeddruk en jou kortisolvlakke (nóg ’n streshormoon) te verlaag. 

Stap 3: Kies ’n mantra

Hou aan met stappe 1 en 2. Herhaal ’n kalmerende stelling in jou gedagtes. Probeer: “Ek is kalm” of “Ek is suksesvol”. Terwyl jou bewuste op asemhaling en visualisering fokus, is jou onbewuste besig om hierdie mantra in te neem. Jy sal dit binnekort begin glo. 

FOTO: iStock/Squaredpixels

LEES OOK:

10 reise waarop elke vrou behoort te gaan

50 inspirerende lewenslesse

Meditasie: die nuwe detensie?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 algemene oorsake wat keer dat jou vel vlekkeloos en gesond is

Het jy ’n probleemvel? Een of meer van die volgende kwessies kan die skuld daarvoor kry: 

Close