×
Skakel na Engels

Ontspan in weelde in die Kurland-hotel

Die Kurland-hotel is die perfekte huwelik van ouwêreldse sjarme wat deur moderne sofistikasie verryk word

 

 

By die luukse Kurland-hotel ervaar besoekers die beste van twee wêrelde – die rustige platteland en asemrowende strande, met die voordele van die Indiese Oseaan se warmer temperatuur.

 

Dié boetiekhotel bied ’n grasieuse plattelandse leefstyl met net 12 suites, wat uiterse privaatheid moontlik maak. Die eksklusiewe toevlugsoord is op ’n uitgestrekte private landgoed van 700 hektaar tussen die berge en by ongerepte strande geleë en bied die ongelooflike natuurskoon van Nature’s Valley. Gaste kan van die eersteklas-perdrygeriewe gebruik maak, in die spa ontspan of ’n kwadfietsrit op die landgoed geniet, asook aan ’n menigte ontspanningsaktiwiteite op land en see deelneem en die ongerepte strande in die omgewing ontdek. Die sjarme van die Kurland-hotel lê in sy outentisiteit. Dit word konsekwent as een van die beste hotelle ter wêreld beskryf en as die begeerlikste adres op die Tuinroete beskou.

 

Vir meer inligting besoek  www.kurland.co.za

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 wonderlike winterreisaanbiedings

Benut ’n spesiale wintervakansie-aanbod

Close