×
Skakel na Engels

Ontmoet Instagram se gunsteling-baba!

Op 14 maande het Harlen Bodhi White derduisende volgers op Instagram – en verdien hy so te sê reeds ’n salaris. Deur Chris Stokel-Walker

In sy huis in Devon, Engeland, sit Harlen Bodhi White geklee in die jongste ontwerperuitrusting en letterlik met ’n kollig op hom gerig; en hy is nié gelukkig nie. En nee, hy is nie ’n tipiese model wat vies is omdat hy nie sy sin kry nie – hy is besig om tande te kry.

Sedert sy geboorte 14 maande gelede het Harlen se ma, Chelsea White (27), meer as ’n duisend foto’s en video’s van haar jongste spruit op Instagram gelaai. Boonop spog Harlen met meer as 200 000 volgers. Dis meer as Sasha en Malia Obama saam!

 

Just ordering loads of photo’s of my kids for the walls! How was this only 12 months ago! ???

A post shared by Harlen Bodhi White (@harlenbodhiwhite) on

Van Amerika tot die Midde-Ooste volg mense Harlen se profiel en onder dié aanhangers tel bekendes soos Kris Jenner en Rob Kardashian. Die twee beroemdes het vir Harlen klere van hul eie reeks vir babas gestuur en dan foto’s waarop hy dié klere dra op hul Instagram-profiele gelaai en só 25,3 miljoen mense na die skattige baba se profiel gelei. 

Chelsea het self jare se ondervinding van modelwerk, ook as kindermodel; sy het immers al as 6-jarige modelwerk begin doen. Op 22 het sy ma geword van Harlow, nou 5, wat self meer as 62 000 volgers op Instagram het. Dis egter kleinboet Harlen se profiel wat opnuut bewys dat sosiale media van gewone mense sterre kan maak.

Lees ook: Instagram-manne

Die gewildheid van ’n oulike baba gaan nie ongesiens verby nie. Groot name in die modebedryf gryp elke geleentheid aan om op die golf van sosiale media blootstelling vir hul ontwerpe te kry. “Ma’s kry inspirasie op Instagram, eerder as om in winkels daarna te gaan soek,” sê Chelsea.

 

☀️☀️☀️☀️☀️ Wearing @sunuvaswimwear float suit ? #Bahamas

A post shared by Harlen Bodhi White (@harlenbodhiwhite) on

’n Foto van Harlen in die Bahamas in ’n swembadvriendelike Sunuva-dryfpakkie het meer as 4 000 reaksies gekry. ’n Video waarin hy in ’n Kiigik-swaai sit, het bykans 40 000 kykers gelok. Die vervaardigers van Estland het maar ’n skamele 660 volgelinge op Instagram.

Vir geskenke soos dié “tag” Chelsea die verskaffer in die opskrif om so internetverkeer – en kopers – na die item te gelei. “Die meeste van die tyd word die klere wat hy gedra het, gou uitverkoop,” sê Chelsea. Sommige van die foto’s word deur die handelsmerk geborg, maar Chelsea hanteer dié plasings in ooreenstemming met nuwe riglyne vir advertensies op sosiale media.

Harlen verdien in ’n sekere sin sy eie salaris. “Ons word oorval met e-posboodskappe van maatskappye wat vra of hulle vir ons klere kan stuur,” sê Chelsea. Hulle kry soveel geskenke dat hulle nie meer plek daarvoor het nie. “Daar is byvoorbeeld vyf of ses stootwaentjies waarvoor ons eenvoudig nie plek het nie.”

 

1 year ago today. Even Harlow looks more grown up now! ?❤ #harlowandharlen @harlowlunawhite

A post shared by Harlen Bodhi White (@harlenbodhiwhite) on

Die klere, speelgoed en baba-bybehore word teen ’n vinnige tempo aangedra, en Harlen ontgroei dit alles bykans net so vinnig, soveel so dat Chelsea elke paar maande die klere verkoop. Dié uitverkoping duur 48 uur en alles word elke keer verkoop.

Nou wonder ’n mens natuurlik wat sal gebeur die dag wanneer Harlen besef hy is beroemd. Sal hy nie sy ma vir sy gebrek aan privaatheid verkwalik nie? Nee wat, sê Chelsea: “Ek is seker hy gaan mal wees daaroor om na al daardie oulike babafoto’s van homself te kyk.

Ons sal dan waarskynlik reeds met iets heel nuuts doenig wees. Instagram gaan waarskynlik baie outyds voorkom.” Nuuskierig? Volg Harlen se Instagram-profiel hier.

FOTO: iStock/SpVVK

Van: The Times UK

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 briljante Instagram-koekiebakkers

Of jy nou ’n suikertand het, graag bak of dit bloot geniet om die kosfoendi’s op Instagram te volg, hierdie...

Close