×
Skakel na Engels

Ontmoet ghd se nuwe platinum™-stileerder

ghd beantwoord vrae oor hul nuwe, innoverende platinum™-stileerder
  1. Wat is ghd platinum?

Dit is die nuutste en, volgens ghd, beste stileerder tot nog toe. Dit beloof gesonder, blinker en sterker hare* – alles in een beweging. Met die gepatenteerde wensbeenskarnier, wat die plate in volmaakte belyning hou, gee dit die beste beheer om enige styl te skep. Die ghd platinum™-stileerder is ontwerp met tri-zone®-tegnologie, wat te alle tye ’n optimale stileertemperatuur verseker.

  1. Vir wie is die ghd platinum-stileerder geskik?

Dis geskik vir alle haartipes, -lengtes en -toestande, maar dit is die beste vir:

* Mense wat hul hare gereeld/daagliks stileer

* Mense met dik of baie dik hare, of hare wat moeilik is om te stileer

* Mense met hare wat nie maklik ’n styl behou nie

* Mense wat na die toestand van hul hare omsien

* Mense wat hul hare gereeld kleur

  1. Werk ghd platinum op haarverlengings, pruike en haarstukke?

Ja, solank dit van menshare gemaak is.

  1. Kan jy met die ghd platinum-stileerder krul?

Ja. Die unieke wensbeenskarnier, wat die plate in volmaakte belyning hou, beteken jy kan enige styl skep – reguit, krulle golwe of wegwipstyle.

  1. Hoekom is 185 °C die optimale temperatuur om hare te stileer?

Omvattende navorsing deur ghd-wetenskaplikes het getoon dat om die meeste stileringsvoordele in minder bewegings te kry, is die optimale temperatuur 185 °C.

  1. Hoekom behoort ek die nuwe ghd platinum-stileerder te koop?

Die ghd platinum™-stileerder is die beste manier om ’n stelling met jou hare te maak sonder om dit te beskadig. Dit sorg dat hare 50% minder breek, gee 20% meer glans en is sagter op haarkleur.

Kliek hier vir meer inligting: www.ghdhair.com/za

Hierdie webpromosie is deur ghd geborg.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gladde, blink hare in 5 stappe

Die ghd EclipseTM-stileerder maak dit makliker as ooit tevore om elke dag pragtige, reguit en gladde hare te hê, ongeag...

Close