×
Skakel na Engels

Onthaal-meesterklas met Reuben Riffel

Ons gelukkige wenners het omtrent hul Kaapse draai saam met sjef Reuben Riffel en lede van die Goeie Huishouding-span by die luukse One&Only Cape Town geniet

Ons gelukkige wenners is Kaapstad toe gevlieg vir ’n nag se verblyf in die luukse One&Only Cape Town. Ná hul aankoms, het die bekende sjef Reuben Riffel ’n meesters-kookklas aangebied en allerlei kosmaakgeheime en wenke met hulle gedeel.

Ná verfrissende skemerdrankies het die wenners vir Vicki Sleet van Goeie Huishouding en Luvo Ntezo, One&Only Cape Town se hoofwynmeester, by Reuben’s ontmoet vir ’n ete-uit-die-boeke. Vicki het wenke gegee oor hoe om ’n tafel besonders te dek, terwyl Luvo sy insigte gedeel het oor hoe om by jou volgende onthaal die perfekte wynkeuses saam met jou kos te maak.

 

Ná ’n nag se verkwikkende slaap het die wenners ’n lekker, lang ontbyt geniet voordat dit weer tyd was om huis toe te gaan. Elke wenner het ook ’n masseersessie by die One&Only Spa geniet tydens hul tydjie in die Kaap.

Gaan na ons Facebook-blad vir nog foto’s van dié geleentheid.

Fotograaf: 

Andrew Brown

082-5533503

andrew@cameraready.co.za

www.cameraready.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vier goeie sopbakkies

Of jy nou ’n aardse sop of regte risotto hierin bedien, kos uit ’n kommetjie is ’n heerlike wintertroos. Probeer...

Close