×

Ons stel bekend: Inkopieterapie by die verbeterde Menlyn Park

Op jul merke, gereed, koop!
inkopieterapie Menlyn Park

 

Die opgeknapte Menlyn Park is reg om jou te verwelkom! Dit spog nou met die titel van Afrika se grootste winkelsentrum, met meer as 500 winkels om in al jou behoeftes te voorsien. Hier sal jy al die toonaangewende plaaslike handelsmerke kry, asook baie ander van oor die wêreld, onder een dak, en almal ding mee om jou die beste inkopie-ervaring te gee. Skoonheidshandelsmerke sluit in Estée Lauder, Candi & Co, The Brow Bar en 3INA, en modewinkels soos H&M, Zara en Hamleys is net ’n paar van die gunstelinge.

Die R2 miljard-herontwikkeling het 50 000 m2 en 200 ekstra kleinhandelaars bygevoeg, van elektronika- en modewinkels tot supermarkte en eetplekke, wat Menlyn Park jou eenstop-bestemming vir al jou inkopie- en leefstylbehoeftes maak. “Ons het ’n fantastiese mengsel van huurders saamgestel wat vir al ons kopers voorsiening maak,” sê Olive Ndebele, hoofbestuurder van Menlyn Park. ’n Persoonlike-inkopiediens is vir kopers beskikbaar om hulle te help om die meeste van hul inkopie-ervaring te maak. En vir die besige ma is spesiale parkeerplekke met meer beweegruimte vir kinderwaentjies beskikbaar. Die winkelsentrum open op Donderdag 24 November, net betyds vir Swart Vrydag, met ’n verskeidenheid winskopies.

Omdat parkering dalk ’n probleem kan wees gedurende die sentrum se bekendstelling en op Swart Vrydag, sal daar ’n parkeer-en-ry-diens van die Laerskool Glenstantia na Menlyn Park van 24 November tot 27 November 2016 wees wat elke 30 minute van 08:00 tot 17:00 sal vertrek. “Ons wil ons kopers elke geriefsdiens beskikbaar gee om hul inkopie-ervaring by ons te verbeter,” verduidelik Ndebele.

Of jy nou op soek is na die nuutste modes, toestelle of iets om te eet, of bloot die atmosfeer wil beleef, Menlyn Park is elke dag van 09:00 tot 21:00 oop, behalwe op openbare vakansiedae, wanneer dit om 17:00 sal sluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 maniere om ’n sarong te dra

Met die strandseisoen om die draai is ’n bedekking in die vorm van ’n sarong ’n moet-hê om op die...

Close