×

Ons Januarie 2017-uitgawe is nou beskikbaar!

Ons kan skaars glo dat 2016 amper very is en ons eerste uitgawe vir 2017 reeds op die rakke is! Hier is wat jy binne-in ons Januarie-uitgawe kan verwag:
januarie 2017 voorbald

Asemrowende Amy

Amy Adams se voete is plat op die aarde. Sy praat oor hoe sy as een van sewe kinders groot geword het, haar huwelik, die media en hoekom haar dogter nie daarvan hou dat sy grimering dra nie.

 

Voor-en-ná dieet-suksesverhale

Hierdie vier vroue en twee mans vertel hoe hulle met hul skaal vriende gemaak het en gewig verloor het. Laat hul stories jou inspireer!

 

101 kortpaaie om tyd en moeite te spaar in 2017

As jy graag die nuwe jaar meer tyd wil hê om die dinge te doen wat werklik saak maak, het ons net die wenke en raad om jou daardie ekstra ure te help vind. 

 

Eksklusiewe foto’s!

Meghan Markle se CV is indrukwekkend. Behalwe dat sy die knap regsassistent Rachel Zane in Suits vertolk, is sy ook ’n ambassadeur vir die liefdadigheidsorganisasie World Vision, die hoofredakteur van haar leefstylwebwerf, The Tig, en VN Vrouekampvegter. O, en sy is ook prins Harry se nuwe meisie!

 

Besnoei op jou kruideniersware!

Wenke en resepte om jou rande te rek

 

Die besige ma se terug-skool-toe oorlewingsgids

Ons het professionele, beproefde strategieë om jou te help onderskei tussen waarop jy kan verbeter en waaroor jy nie hoef te kwel nie.

 

WEN! WEN! WEN!

15 lesers kan elk ’n Trollbeads Lucky Friends-armband en twee Fantasy Jasper-krale, alles ter waarde van R3 000

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kosneigings vir 2017 soos deur kenners voorspel

Die koskenners het hul gedagtes gedeel oor wat volgende jaar groot op die kulinêre toneel gaan wees ... Deur Alicia...

Close