×
Skakel na Engels

Ons is dol oor Dulux se nuwe kleur van die jaar!

Kry inspirasie vir hoe om hierdie nuwe kleur in te span
Dulux

Dulux, wat deur AkzoNobel vervaardig word, het eindelik die naam van sy nuwe kleur van die jaar onthul: Pictured Rocks.

“Ons kleur van die jaar is ’n enkele skakering en weerspieël beslis die nuutste tendense. Dit is boonop deel van ’n lieflike kleurpalet,” het Heleen van Gent, AkzoNobel se kreatiewe direkteur van hul kantoor in Nederland, gesê.

Hierdie subtiele en warm skakering van ’n volwasse pienk skep ’n gevoel van gemak en rustigheid en is die ideale oplossing vir klante wat hul huise meer tuis en verwelkomend wil laat voel. 

“Kleur kan ’n belangrike rol speel in die daarstelling van ’n balans tussen uiterlike glans en innerlike kalmte. Ons lewens is so besig en soms het ons nodig om net ’n blaaskans te neem, te ontspan en te herlaai, en ons huis moet vir ons die regte omgewing bied om dit te kan doen,” sê Dulux se kleurkonsultant Palesa Ramaisa.

” ’n Huis wat “tuis en verwelkomend” voel beteken vir elkeen iets anders. Daarom het Dulux drie kleurpalette geskep wat Pictured Rocks sal komplementeer, naamlik Comforting Home, Inviting Home en Playful Home. Die palette kombineer ligte skakerings van gryspienk, blou en sagte kakao tot helderder skakerings van inkblou en pers.

Kyk hierdie kort video oor Dulux se kleur van die jaar vir 2018. 

Besoek die Dulux-webwerf vir idees en inspirasie oor hoe jy dié byderwetse kleur in jou huis kan gebruik.

LEES OOK:

5 wenke om ’n huurhuis te versier

Wat is jou dekor-persoonlikheid?

Die beste kleur vir elke vertrek in jou huis

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste kleur vir elke vertrek in jou huis

Of dit nou bewustelik of onbewustelik toegepas word, kleur kan ’n kragtige hulpmiddel wees as dit reg ingespan word

Close