Steek jou hand op as jy die vyf-sekondes-reël in jou lewe toepas. Jy weet mos, daai reël, die nieamptelike geloof wat jou beter laat voel as jy kos op die vloer laat val en dit dan optel en eet?
Ongelukkig het ’n nuwe studie aan die Rutgers-universiteit in New Jersey in die VSA onthul dat die vyf-sekondes-reël absolute onsin is. Want kos kan besmet word in minder as ’n sekonde! O, gits …
Die navorsers het vier oppervlakke getoets: vlekvrye staal, keramiekteëls, hout en mat, en vier kosse: waatlemoen, brood, brood en botter, en klewerige lekkers. Hulle het ook vier verskillende kontaktye getoets: minder as een sekonde, vyf sekondes, 30 sekondes en 300 sekondes.
Hulle het bevind dat waatlemoen die meeste besmet word en klewerige lekkers die minste, en mat was die beste oppervlak.Maar hoewel hulle bevind het dat die kos met meer bakterieë besmet word hoe langer dit op die vloer lê, is in die studie ook bevind dat kos in minder as vyf sekondes besmet kan raak.“Die ‘vyf-sekondes-reël’ is ’n beduidende oorvereenvoudiging van wat eintlik gebeur wanneer bakterieë van ’n oppervlak na kos oorgedra word,” sê die Rutgers-professor Donald Schaffner. “Bakterieë kan oombliklik besmet.”

Siesa … As jy dus volgende keer daardie stukkie spek op die vloer laat val, dink mooi voordat jy dit optel en in jou mond steek.