Hit drama-series Big Little Lies is officially confirmed to be coming back to our TV screens for season 2. What’s more, there will be some fabulous new faces joining the cast.
Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.
HBO het op 24 Januarie 2018 op Twitter bevestig dat die legendariese Meryl Streep haar by die geesdriftige en gedrewe groep aktrises van Big Little Lies gaan aansluit.
Welcoming #MerylStreep to our tribe of fierce #BigLittleLies women. pic.twitter.com/zFoLH7eBwF
— HBO (@HBO) January 24, 2018
Meryl Streep gaan die rol van Perry Wright (Alexander Skarsgard) se ma vertolk, en dus die skoonma van Nicole Kidman se karakter, Celeste Wright. Haar karakter kom na Monterey op soek na antwoorde oor haar seun se skynbare dood.
Die reeks, wat baie op huishoudelike geweld fokus, se eerste seisoen was ’n groot sukses. Die vroue van Monterey het hul stryd gedeel rondom kinders grootmaak, gebroke verhoudinge herstel, en versteekte waarhede onthul.
Die reeks het ’n hele rits pryse verwerf, waaronder: 2017 Primetime Emmy Award for Outstanding Limited Series; 2017 Critics’ Choice Television Award for Best Limited Series; 2017 TCA Award for Outstanding Achievement in Movies, Miniseries and Specials; en 2018 Golden Globe Award for Best Miniseries or Television Film.
Die oorspronklike span aktrises – Nicole Kidman, Reese Witherspoon, Zoë Kravitz, Shailene Woodley en Laura Dern – is in die wolke oor die nuwe seisoen én hul nuwe medester. “Ek is verheug om weer saam met hierdie talentvolle span te kan werk,” het Witherspoon in ’n verklaring gesê. “Dit gee ons die geleentheid om dieper in die ingewikkelde lewens van die Monterey-gesinne te delf en om meer van hul stories met die gehoor te deel wat hulle so verwelkom en vereer het.”
Dit blyk dat ons die tweede seisoen eers in 2019 kan verwag. Ai, ons sal dus maar net die eerste seisoen oor en oor moet kyk tot dan!
FOTO: Gallo Images/Getty Images
LEES OOK:
8 flieks wat jy nie in 2018 mag misloop nie
10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie
Nicole Kidman het dalk die aap uit die mou gelaat oor ’n 2de reeks van “Big Little Lies”!