×

Ons 5 beste sjokoladekoekresepte

Daar is min dinge in die koswêreld wat ons mond meer laat water as ’n goeie ou sjokoladekoek

Beste Diamante. Ons weet almal wie régtig ’n meisie se beste vriendin is. Liefde, Sjokoladekoek

Dis een van ons gunsteling-aanhalings, want dis so waar! Sjokoladekoek is baie meer bekostigbaar, makliker om in die hande te kry en dit maak ons baie gelukkig.

Of jy jou sjokoladekoek sonder gluten, sonder eiers, tradisioneel of met ’n kinkel verkies, ons het iets vir elkeen se smaak!

 

Hier is 5 van ons beste sjokoladekoekresepte:

1. Dekadente sjokoladekoek

chocolate cake

Die rugbyspeler Bryan Habana sê dit is die beste sjokoladekoek in die wêreld. Hy het die resep by sy skoonma gekry. 

 

2. Ina Paarman se sjokolade-tiramisu-koek

chocolate tiramisu cake

Ina Paarman het haar eie sjokoladekoekresep gekombineer met ’n tiramisu-resep wat sy jare gelede by ’n sjef in Italië gekry het, en dit is die fantastiese resultaat.

 

3. Charly’s Bakery se dekadente eierlose sjokoladekoek

egg-free chocolate cake

Jacqui van die gewilde Charly’s Bakery in Kaapstad het hierdie wonderlike resep met ons gedeel. Dis geskik vir veganiste (behalwe die versiersel) en ideaal vir mense wat nie eiers eet nie It’s vegan-friendly (except the icing) and perfect for people who don’t eat eggs. 

 

4. Glutenvrye patat-en-sjokoladekoek

gluten-free chocolate cake

Die kosblogger Bernice Griffiths is bekend vir haar glutenvrye resepte en het hierdie heerlike resep gedeel wat meel deur patat vervang. Njam!

 

5. Sjokolade-frambooslaagkoek

CHOCOLATE RASPBERRY CAKE

Dié een is ’n bietjie uitspattiger (en duurder), maar die eindresultaat is ’n pragtige meesterstuk wat ’n fees vir die oë en maag sal wees!

Lees ook:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Soetgoed-inspirasie vir jou Halloween-tafel

As jy Halloween vier, gaan jy dol wees oor hierdie "spookagtige" lekkernye!

Close