×
Skakel na Engels

Ondersteun KANSA se 10de Shavathon

Skeer, sproei, stensil of jel jou hare ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika se 10de jaarlikse Shavathon

 

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) vier vanjaar sy 10de jaar as gasheer van die KANSA Shavathon en moedig almal aan om van 25 Februarie tot 2 Maart by hul werkplek of ’n winkelsentrum deel te neem deur hul hare te skeer, te sproei, te stensil of – ’n nuwe opsie vir 2013 – te jel, vir ’n donasie van R50 (kinders onder 12 slegs R25).

 

KANSA het die aanloop tot die 10de Shavathon met ’n mini-Shavathon afgeskop. Een van die spesiale gaste by dié geleentheid was die 13-jarige outis Matthew Moffet. Hy het sy hare ’n jaar lank laat groei sodat hy dit nóú kon afskeer om sy ondersteuning te bewys aan almal wat al die stryd teen kanker gewen het. Die hoofbestuurder van KANSA en self ’n kankeroorlewende, Sue Janse van Rensburg, het self Matthew se hare geskeer. (Kyk na foto’s by http://goo.gl/GIE0I).

 

Maatskappye, werkplekke en skole kan van 25 Februarie tot 1 Maart 2013 hul ondersteuning bewys, registreer en voorraad bestel of op Saterdag 2 Maart 2013 by hul naaste winkelsentrum aan die Shavathon gaan deelneem.

 

Word ’n aanlyn-Kampioen

KANSA bied ook ’n aanlyn-platform vir vrywilligers en korporatiewe Suid-Afrika om deel te neem as aanlyn-‘Kampioene’. Deur geld in te samel kan deelnemers in aanmerking kom vir fantastiese pryse. Sluit aan deur KANSA se Facebook-blad te ‘like’: https://www.facebook.com/CANSAShavathon.

Sluit aan by KANSA se aanlyn-gemeenskap en help om die woord te versprei. Besoek www.shavathon.org.za om vandag nog aan te teken of ’n veilige aanlyn-donasie te maak.

Janse van Rensburg sê: “Almal kan deelneem, so word ’n vrywilliger, registreer jou maatskappy om gasheer te speel vir ’n Shavathon, of registreer as ’n aanlyn-Kampioen en help fondse insamel.”

 

Vir meer inligting, besoek www.cansa.org.za, kontak KANSA tolvry op 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za.

Volg KANSA op Twitter: @CANSA en sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA: Fighting cancer in South Africa

 

Laat sproei jou hare ten bate van KANSA se Shavathon.

Daag jou vriende en familie uit om ook húl hare te laat kleur.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Klink ’n koppie op jou gesondheid

Wie sou kon raai dat daardie koppie koffie of tee waarvoor jy jou siel sal verkoop, boonop depressie, kanker en...

Close